Fase 6 skop in; Solidariteit verwag ‘grootste aanvraag nóg vanjaar’

Foto ter illustrasie. (Foto: iStock)

“Lede van Solidariteit verwag Dinsdag die hoogste elektrisiteitsaanvraag nóg vir vanjaar.”

Só waarsku dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, terwyl Eskom kort gelede aangekondig het dat fase 6-beurtkrag Maandag om 16:00 sal inskop.

Volgens Hermann verwag die vakbond dat die vraag na krag aanstaande maand selfs hoër kan wees.

“Die groter vraag na elektrisiteit is deels as gevolg van die weer, maar ook omdat elektrisiteitstariewe op 1 Junie styg en baie van die verbruikers se verbruik in die laaste week van Mei verhoog.

“Dit plaas ongelooflike druk op die stelsel. Die beplande instandhouding is reeds afbestuur na 2 400 MW wat die hantering van die groot vraag makliker maak.

“Daar gaan swaar gesteun word op Eskom se noodkragopwekking, maar daar is wel voldoende diesel daarvoor beskikbaar.”

Eskom het intussen kort gelede aangekondig dat fase 6-beurtkrag ingestel moet word weens die vertraging met die inwerkingstelling van tien opwekkingseenhede.

Fase 6 sal tot Dinsdag om 05:00 duur, waarna fase 4-beurtkrag van 05:00 tot Dinsdag om 16:00 ingestel sal word.

Dié patroon sal daagliks tot verdere kennisgewing gevolg word.

Die kragvoorsiener sê 18 715 MW se kapasiteit is tans weens onklaarrakings nie beskikbaar nie, terwyl ʼn verdere 2 407 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

ʼn Opwekkingseenheid elk is die afgelope 24 uur by die Hendrina- en Kendal-kragstasie in werking gestel. Terselfdertyd het ʼn opwekkingseenheid by onderskeidelik die Duvha-, Kriel- en Tutuka-kragsentrale onklaar geraak.

Die herstel van ʼn opwekkingseenheid elk by die Arnot-, Duvha- Hendrina-, Kendal-, Kriel-, Lethabo-, Majuba-, Matimba- en twee by die Camden-kragstasie is vertraag, wat verdere druk op die stelsel plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Roebs ·

Waar is die skepe wat sou help, blok sonkrag, blok herlaaibare ligte en nou sit ons met ‘n gemors kragstasies wat nie bestuur word nie, herstel werk is ‘n gemors en ook bedrog. Hier kom ‘n donker winter.

Amelia ·

En hoekom kan frankford nie net op sonpanele wees nie hoekom moet hul steeds beurt krag he Is dit om eerder die kragskepe te betaal deur n land wat reeds nie geld het vir enige iets belangrik nie behalwe vir president en ministers se voordele moet almal nou betaal vir hul

JvR ·

Gaan hulle help om jou toilet te spoel? Of petrol in te gooi by die garage? Supermarkte hardloop uit opsies uit. In malls in Centurion maak baie winkels toe gedurende loadshedding, want hul batterye kan nie meer die druk hanteer,.

Gerhard ·

ESKOM bla bla bla….terwyl besighede hulle deure toemaak, ons in die donker gehul is, met die kragsituasie wat al erger raak…nee wat eks al so moeg om hulle gebrabbel te hoor soos ek destyds oor C-19 gevoel het. die cANCer sorg net vir meer swaarkry. Dan gaan die kragtariewe van krag wat ons nie regtig het nie op ook Donderdag, nee regtig, nou moet “ons”, die verbruiker betaal vir hulle onbevoegdheid en ons moet sekere dele groepe subsidieer wat ‘n maand met R50 se krag uitkom…..moeg vir die nonsens.

Anel ·

Dit werk so: voorsien minder krag, meer mense voorsien hul eie krag, minder geld word gein vir die bietjie krag wat voorsien word, MAAR, die kaders soek nog steeds hul massiewe salaris, vir niks doen. So, wat eord gedoen? Sit maar net die pryse op, die arme drommels wat nie kan bekostig om sonpanele te kry nie, moet maar vir die ander se lukshede betaal. En Mantache se skepe gaan geen verskil aan die krag maak nie, net negatief aan ons sakke en positief aan sy sak!!!!

Antonk ·

Is dit nou ons skuld dat daar eenhede buitewerking is?Nou moet ons dit vergeld.

Papsak ·

Ja dit nie ons skuld laat krag nie reg bestuur word nie nou moet ons boet hiervoor onregverdig maar wil jy jou eie krag op sit dan wil eskom en regering stuipe kry masr eskom doen noks vir ons nie

JvR ·

Dit is so verdomp warm in Gauteng, erger as die somer. En die vraag is hoog?

JvR ·

Die magte in beheer probeer die ekonomie ruineer. Ondersteun die besighede soos altyd gedurende tye wat daar krag is. As dit nie dringend is, moet nie ry na plek wat krag het nie. Klein sake word die ergste getref.

Duck ·

Ja wat, who cares? Niemand meer nie, sien nie eens meer die laodshedding raak nie. Maar net nog ‘n ou klein struikelblokkie waaroor ons spring. Tog te lekkkkkkkkkkkker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.