Spoedvrate in Kaapstad se vlerke geknip

(Argieffoto: Verskaf)

Kaapstad se wetstoepassers het die afgelope week 276 persone in hegtenis geneem en 57 604 oortredings aangemeld. Dit is egter die byna 30 000 spoedoortredings die afgelope week wat ʼn kwessie van groot kommer is terwyl reënweer vir hierdie week voorspel word.

“Meer as die helfte van die oortredings wat die verkeersdiens die afgelope week aangemeld het, was motoriste wat die spoedgrens oortree het,” sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit.

Van die oortredings was 139 km/h in ʼn 60 km/h-sone; 137 km/h in ʼn 70 km/h-sone en 150 km/h in ʼn 80 km/h-sone.

“Dit is ʼn uitdaging in droë toestande om stadiger te ry of op hindernisse in die pad te reageer – en die reën wat vir hierdie week voorspel word, kan sake vererger. Ek maan ons padgebruikers om rem te trap en hul optrede in oënskou te neem.”

Verkeersbeamptes het die afgelope week ook 40 motoriste in hegtenis geneem – 30 vir bestuur onder die invloed van alkohol en 10 vir roekelose en nalatige bestuur.

Altesaam 236 openbarevervoervoertuie is geskut en 1 912 lasbriewe vir inhegtenisneming is uitgevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

muffin ·

Wes kaap se meerkat is baie wakker as die ander provinsie wat so slaperig meerkat en sit in die kar en geniet kfc party kuier

Nico ·

En in die tussentyd gaan die bende geweld en dwelm verkope ongestoord voort….. Spoedvrate is sekerlik erg, maar waar lê die grootste probleem?

Juanita ·

Dit is wonderlik! Ek voel elke dag onveilig op die pad agv mense wat hulle eie reels maak, taxi’s, geen flikker ligte, mense wat nie stop wanneer hulle moet stop nie. Ek bly in die Kaap en wanneer die ligte groen raak om te ry moet mens eers wag vir ten minste 4 tot 5 motors wat nog eers ‘n kans oor die rooi lig vat voor jy vir wie die lig groen is kan ry. Ek hoop julle hou aan streng wees en dat dit nie net tydelik is nie.

Papsak ·

In vrystaat is hulle te bang om te werk los maar laat mense ry soos hulle wil hulle net inkopies doen eet dit is hoe hulle operate hier so af en toe sal jy n verkeersvoertuig sien hulle doen glad nie hulle werk nie

Hannelie ·

Ek gesien die Kapenaars ry baie gevaarlik. Gister met die reën het dit hul glad nie gekeer om oor rooiligte voor jou in te ry nie hier in die Wynland distrik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.