Soorte resepte:

Resep: Outydse bonesop

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Elena Leya/Unsplash)

Smul aan dié nostalgiese resep.

Genoeg vir 4 porsies

Bestanddele

  • 30 ml kookolie
  • genoeg water om boontjies in te week
  • 250 g droëbone, verkieslik oornag geweek
  • vleisbene, verkieslik skenkel met murgbene
  • 2 middelslag-uie, gekap
  • 1-2 fyngerasperde vars knoffelhuisies
  • 2 heel kruienaeltjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • ekstra olie of botter

Metode

  1. Dreineer die geweekte bone en bedek dit weer met genoeg vars water. Voeg die kookolie by die geweekte bone en kook tot sag. Skep die bone uit en hou eenkant.
  2. Voeg die vleisbene, uie en knoffel by die sop en kook tot dit sag is.
  3. Voeg die bone, naeltjies en geurmiddels by die sop en laat dit stadig prut tot dit begin verdik.
  4. Bedien saam met roosterbrood.

 Bron: Marilyn kuier en kook!

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.