Kommer oor water in Vredefort

(Foto verskaf deur die DA)

Die gemeenskap in Vredefort in die Vrystaat is waningelig oor die veiligheid van hul kraanwater.

Dit is onthul tydens ʼn oorsigtelike besoek deur die Demokratiese Alliansie aan die Ngwathe- plaaslike munisipaliteit om kommer oor die plaaslike watertoevoer te ondersoek.

“Ons het ontdek dat die water bloot vir pH-vlakke en stabiliteit getoets word, en nie vir bakterieë in die water nie,” sê Mariette Pittaway, die DA se provinsiale woordvoerder oor gesondheid. “Hierdie gebrek aan behoorlike toetse hou ʼn beduidende besoedelingsrisiko in vir die gemeenskap en kan lei tot die verspreiding van siektes soos cholera.”

Die DA het ook bevind dat die rioolstelsel in die dorp in die strate uitspoel en ʼn bedreiging vorm vir openbare gesondheid.

“Ná inligting van die publiek ontvang is, het ons bevestig dat die watertenkwaens by die biblioteek se boorgat opgevul word, waar kragonderbrekings gereeld voorkom. Die tenkwaens moet dus lank staan en wag om volgemaak te word.”

Daar is ook ʼn gevaarlike situasie naby ʼn boorgat waar blootgestelde bedrading en ʼn niefunksionerende toilet-uitlaat naby aan ʼn waterbron is. “Daar word beweer dat dié gebroke infrastruktuur kan bydra tot die besoedeling van die water.”

As gevolg van die dringendheid van die situasie, het die DA met die burgerregteorganisasie AfriForum kontak gemaak, wat op sy beurt met spesialiste koördineer, en hulle versoek om ʼn omvattende ondersoek te doen en dit as ʼn moontlike besoedelingsbron te toets.

“Die DA sal ook vrae aan die departement van gesondheid, die departement van samewerkende regering en tradisionele sake en die nasionale departement van water en sanitasie rig om duidelikheid te kry oor die watertenkwaens se vermoë om water uit enige bron te onttrek – insluitend die Vaalrivier.”

Pittaway sê die gesondheid en welstand van die gemeenskap is op die spel en dringende stappe moet gedoen word om die tekortkomings in waterbehandeling reg te stel en besoedelingsrisiko’s te takel. “Die DA bly daartoe verbind om die betrokke owerhede aanspreeklik te hou en seker te maak dat veilige en skoon water aan die inwoners van Vredefort verskaf word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Realis Thailand ·

Dit is tans nie te erg nie vir wat nog aankom
Wag tot na die verkiesing volgende jaar en kyk hoe gaan die land dan verval

Andrew ·

Maak nie saak nie , enige iets wat reg gemaak gaan word sal weer net gevat en deur die boor”gat” gerkrek word.

annie ·

Die ANC, EFF en andere is die hele tyd net verbaas en geskok oor ‘skielike’ gebeure wat maar net nie moes gebeur het nie. Almal spring daagliks oor walglike stroompies maar ‘slam’ (soos Zelensky) alles wat hul skielik uit hul idilliese drome laat ontwaak. Iemand sal ook skielik ontdek dat die no-no-dromme, oud gebak in die son, ongeskik is vir drinkwater… maar eers baie later na lekker geld ge-in is. ‘Ons-is-woedend-fire-hulle…’ We demand!?!

Chris ·

Die arme inwoners van Vredefort word so gemanipuleer deur EFF en ANC kaders, dat hul weer 2024 vir die idiote sal stem. Voorspoed

Danie ·

Hoe op aarde gaan dit reggestel word?Die vaalrivier is groot en vloei sterk so wat van alle dorpe en mense wat water daaruit gebruik.Die regering kan nie eers n hond versorg nie.Kyk wat gebeur as hulle met varke en skape boer.So wat van n mens,???

Papsak ·

Hoeveel riviere het ons vat water daaruit suiwer dit en daar sal water wees kan nie mense vir solank sonder water los nie maar nee weer hulle lyk vreeslik geskok maar eindlik kom hulle ons lekker te na so as hulle kan klaar kom sonder water ons nie hier kom verkiesing maar daar word maar net weer vir hulle gestem so moenie kerm dan nie

Amelia ·

Wat van die wat nie vir anc stem nie dis hulle wat meeste lei en vir die res moet betaal Vorige regering kry mos die skuld vir alles

Shakespeare ·

Kaders bly maar n verfoeilike en onbevoegde groep mense. Dwarsoor die wêreld hulle tentakels al vesprei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.