Die huidige uitvoerende hoof verdien byna R4 miljoen per jaar – dit is byna twee keer so veel as haar voorganger in 2020.
Lees meerAlles vir Woensdag 18 Januarie 2023
TV-ateljee beroof, personeel aangehou
Die stasie reël berading vir sy getraumatiseerde personeellede wat tydens die rooftog gyselaar gehou is.
Verdere deurbraak ná moord op prokureur
Die regshulpprokureur het die aand van die voorval by die huis aangekom en toe hy uit sy motor klim om die hek oop te maak, het twee verdagtes hom genader en hom ʼn paar keer geskiet.
Polisie betrap plaasaanvallers op heterdaad
“Die polisie het omstreeks 02:00 ʼn kennisgewing ontvang en beamptes is dadelik ontplooi.”
Lewenslank vir ma, oom wat kind tydens ritueel moor
Personeel van die hotel het paramedici ontbied toe die broer en suster met die tweejarige se lewelose liggaam in die ontvangs opgedaag het.
Vier doodgeskiet toe polisie kaping fnuik
Die verdagtes het op die vlug geslaan en ’n jaagtog en skietgeveg tussen hulle en die polisie het gevolg.
Boer wil Eskom dagvaar ná duisende kuikens vrek
“Daar is nou te veel plase op een lyn, en ons kry net nie genoeg krag nie.”
ToekomsVenster: Oor niks besorg
Mag ons dit wat ons het terdeë geniet, waardeer en op pas. Mag dit eweneens die vertrekpunt wees vir ʼn praktiese, dankbare lewe van diens aan ander.
Foto’s: Kusskole verwelkom gr. 1’s
Die klok het gelui vir skole aan die kus en duisende haasbekkies is Woensdag vir die eerste keer grootskool toe.
Onvoltooide Bloem-pad moet nou klaar
ʼn Stokkie kan egter voor inwoners se voorstel gesteek word nadat dit aan die lig gekom het dat die burgemeester van die Mangaung- metropolitaanse munisipaliteit dalk vervang gaan word.
Met watter krag pak ons 2023 aan?
Daar gaan in 2023 baie geleenthede wees waar ons onsself beter kan toerus om wel ʼn positiewe en konstruktiewe verskil te maak. Daarom mag ons nie toelaat dat die ANC se mislukkende beleid en die toepassing daarvan ons toekomsverwagting van ons steel n
Inflasie gaan SA’ners nog lank laat les opsê
Mieliemeel kos jou nou ʼn derde meer as ʼn jaar gelede en rys kos jou 7,8% meer.
Proteas moet Engelse met dié spelers tem
Daar is nog nie plek vir die opwindende Dewald Brevis nie, maar volgens Victor Mpitsang (nasionale keurderbaas) behoort die 19-jarige kolwer sy kans in die komende T20-reeks teen die Wes-Indiese Eilande te kry.
15 beseer ná trok deur klaskamer ploeg
Die vragmotor wat met bakstene gelaai was, het die pad verlaat en teen die klaskamer vasgery.
Sol-Tech spog nou met eie IT-kwalifikasie
Voornemende studente kan nou inskryf vir die splinternuwe Inligtingstegnologie-kwalifikasies wat vanaf April deur Sol-Tech aangebied gaan word.
Enorme mamba in Durban gevang
Die slang is amper 3 m lank en volgens Evans het veral die slang se omtrek hom verbaas.
Die wêreld se oudste mens sterf
Lucile Randon is gebore in die jaar wat New York sy eerste moltreindiens ingestel het en die Tour de France nog net een keer aangebied is.
Wiele2Wiele vat langpad met Renault Duster
Wiele2Wiele vat die langpad met die Renault Duster en glimlag breed oor die brandstofverbruik. Hulle gee ook raad oor sleutellose-toegang-diefstal en wat jy kan doen om hierdie skobbejakke te fnuik.
Bemagtig ʼn kind – die brug na ’n toekoms
Lewensveranderend. Dit is die een woord waarmee die hele doel van Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig-’n-kind-fonds opgesom kan word.
SA gebore sjef Prue Leith ken die kuns van kosmaak
“Die beste tyd om met jou kinders te gesels, is om die tafel.”