Lewenslank vir ma, oom wat kind tydens ritueel moor

(Argieffoto: pixabay)

Esther Mwenda Brown, die ma van ʼn tweejarige dogtertjie, en haar broer Mike Mwenda Brown is Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof drie lewenslange vonnisse en ʼn verdere 18 maande tronkstraf opgelê vir moord en verkragting.

Klein Josephine Athalia Bombando is in April 2021 dood tydens ʼn rituele moord by ʼn hotel in Midrand. Personeel van die hotel het paramedici ontbied toe die broer en suster met haar lewelose liggaam in die ontvangs opgedaag het. Josephine is op die toneel dood verklaar.

“Die twee is dadelik in hegtenis geneem ná die kamer, wat hulle vroeër die dag bespreek het, deursoek is,” sê Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). “Die polisie het dadelik vermoed dit was ʼn ritueelmoord. Kruise is met olie op die kamer se spieëls en ander blink oppervlaktes getrek.”

Die nadoodse ondersoek het bevind dat sy gesterf het weens druk op haar nek en sy is met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan. Sy het ook beserings aan haar geslagsdele opgedoen.

Adv. Paul Nel, staatsaanklaer, het in die hof aangevoer die verkragting en moord was vooraf beplan as deel van die ritueel. Hy sê die mees verswarende faktor voor vonnisoplegging is die feit dat hierdie dade deur die oorledene se eie ma en oom gepleeg is. Sy het hulle vertrou en hulle moes haar beskerm het. Hul gesigte is waarskynlik ook die laaste beelde wat sy gesien het terwyl sy verwurg is.

Adv. Nel sê die beskuldigdes toon geen berou nie en hulle het stilgebly te midde van die oorweldigende getuienis teen hulle dat hulle die oorledene op ʼn gruwelike manier gemartel het.

Regter Mohamed Ismail sê die broer en suster het geen genade betoon toe hulle die weerlose kind se liggaam geskend het nie. “Die kind het ʼn gruwelike dood gesterf aan die hande van die mense wie sy liefgehad het en wat sy geken het.”

Hy sê die hof kon nie die rede vir Josephine se moord bepaal nie, omdat die twee nooit hul weergawe in die hof voorgehou het nie – ʼn teken van ʼn gebrek aan aanspreeklikheid en berou.

Mjonondwane sê die NVG loof die werk deur ondersoekbeampte sers. Phetole Moses Semosa en adv. Nel om geregtigheid te laat seëvier vir die pa van die kind en die res van die familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hasie ·

Is ons nou skielik terug in die oertyd ? Hul is seker ” time travelers” ? Of dalk het dit te doen met 30% slaagsyfer ….

Miskruier ·

Satan loop rond soos n brullende leeu en verslind. Mag God ons bewaar.

Chris ·

Doodstraf of publieke terregstelling moet hul voorland wees. Ons belastingbetalers kan die meer byhou om mense in tronke te hou nie!

Delia ·

Ek sou graag verpligte sterilisasies vir die 2 “mense” wil sien.

Manie ·

Dis onder andere waarom afsonderlike ontwikkeling toegepas is. Om beskaafd van onbeskaafd weg te hou.

Marcello ·

Genade!!!! Hoe doen ‘n mens dit aan jou eie kind, dit is siek en tronkstraf is te lig vir sulke mense. Ek hoop die Regter maak van hulle voorbeelde.

JohanR ·

Rituele moord by ʼn hotel in Midrand. My sister bly in ‘n 18 woonstel kompleks in Pta-Noord met soe klein agter tuin. Een Kersfees word die opsigter en ander inwooners bewus van ‘n skaap wat in een van die woonstel se tuine rondhardloop en bler. Toe daar gaan ondersoek in gestel word toe word daar gese die skaap gaan net daar vir Kersfees geslag word. Gelukkig is dit gou stopgesit, maar dink net die vlee en brommers wat daar sou aangekom het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.