TV-ateljee beroof, personeel aangehou

Argieffoto (Foto: Thomas Meier/Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) veroordeel ʼn rooftog by INX Prime se ateljee Maandagaand in Houghton, Johannesburg.

Die stasie het Sanef laat weet dat personeellede met vuurwapens aangehou is deur verskeie gewapende rowers. Niemand is beseer nie.

INX Prime saai uit oor sub-Sahara-Afrika en is ook beskikbaar op DStv-kanaal 345. Dit is ʼn leefstylkanaal met ʼn Islamitiese etos.

ʼn Groot hoeveelheid uitsaaitoerusting soos rekenaars en televisiestelle is tydens die weermagtipe-rooftog gesteel.

Sbu Ngalwa, voorsitter van Sanef, sê die organisasie het die afgelope ruk gesien hoe verslaggewers beroof word wanneer hulle verslaggewing doen. Verskeie uitsaaimedia is geteiken en duur toerusting is gesteel.

INX Prime, wat nog slegs vier maande op die lug is, sal berading reël vir sy getraumatiseerde personeellede wat tydens die rooftog gyselaar gehou is.

“Suid-Afrika word steeds deur misdaad geteister en joernaliste en hul toerusting word nie hiervan uitgesluit nie. Ons hoop dat die jongste voorval die polisie sal aanspoor om op te tree en die misdadigers aan te keer.”

Die stasie het Sanef verseker dat hy ondersoek instel oor hoe veiligheidsmaatreëls opgeskerp kan word om toekomstige rooftogte te voorkom.

Strafregtelike aanklagte is by die polisie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Parmantige samaritaan ·

Gaan iemand revolusionêre propaganda begin uitsaai, of dalk n staatsoorname aankondig?

Marcello ·

Genade !!!! Waar is ‘n mens nog veilig in hierdie land?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.