15 beseer ná trok deur klaskamer ploeg

(Foto: Verskaf)

Altesame 15 leerders van die Blue Eagle Secondary School in Cosmo City in Roodepoort, Gauteng, is Woensdag beseer nadat ʼn vragmotor deur ʼn klaskamer by die skool geploeg het.

Die vragmotor het ʼn vrag bakstene vervoer.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, het die voorval omstreeks 11:00 plaasgevind. “Volgens inligting het die vragmotor die pad verlaat en teen ʼn klaskamer vol leerders vasgery,” sê Van Reenen.

Die leerders, almal tussen 14 en 18 jaar oud, het geringe tot matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng, sê twee leerders is egter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling.

“Die departement wens hulle ʼn spoedige herstel toe,” sê Mabona.

Berading is ook vir leerders en onderwysers gereël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris dupreez ·

Leerders tussen 14 en 18 jaar oud in een klas. Viva anc.

Delia ·

So graag 9 tot Matriek in dieselfde klas of is almal in dieselfde graad.

Nico ·

Was hierdie bestuurder gesuip of het geslaap, kla aan vir dronk bestuur. Hierdie ongeluk is met opset gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.