“Wanneer dit by sewesrugby kom – ongeag of dit ʼn oggend- of middagwedstryd is – moet jy 100% gereed wees vir enige uitdaging.”
Alles vir Woensdag 18 Januarie 2023
Gemeenskap spook verbete om wegholbrand te blus
Die polisie op Deben in die Noord-Kaap het ook intussen ingetree ná ʼn vermoede dat die verwoestende brand met opset gestig is.
Oekraïense ministers sterf toe helikopter val
Minstens 18 mense, onder wie ʼn minister, adjunkminister en drie kinders, het tydens die ongeluk omgekom.
Man sterf tydens kaping naby lughawe
Die voertuig, wat oortrek was met koeëlgate, is later verlate in Inanda in Durban gevind.
Nóg wetgewing gaan kragkrisis nie oplos – DA
Die DA sê daar is bestaande wetgewing wat gebruik kan word om die kragkrisis te pak en dat sogenaamde noodwetgewing net nog ʼn mors van tyd is.
Waarde of weelde?
Hoe vergelyk die Audi SQ5 TFSI Quattro en die Volkswagen Tiguan R?
Bulls kies grofgeskut vir Lyon, Scarlets
Die Pretorianers beklee amptelik die sesde plek op die Kampioenebeker-punteleer (Groep A), terwyl hulle derde op die Verenigde Rugbykampioenskap-puntelys is.
Bydrae van Wittenbergse Reformasie tot gemeenskapsontwikkeling
Daar is voortdurend kommer oor die voortbestaan van die Afrikaanse kultuurgemeenskap. Die vraag is wat ons kan doen om ʼn menswaardige bestaan vir ons en ons nageslag te verseker.
Video: Sokker op krukke ʼn groot inspirasie
“Die mens se geesdrif ken geen perke nie”
Dodetal styg verder, weke ná ontploffing
Die polisie het sedertdien sy ondersoek na die ontploffing afgehandel en is gereed om die hof weer te nader.
Matriekuitslae: Curro bars van trots
Isabella Campbell van HeronBridge College in Johannesburg het nege onderskeidings behaal terwyl Natasha Honey van Curro Hazeldean in Pretoria agt onderskeidings ingeryg het.
Talle bekendes positief vir Covid-19 ná glansgeleentheid
Dit is nie bekend of dié bekendes positief vir die nuwe Covid-19-subvariant, bekend as XBB.1.5, getoets het nie.
Wortels en vleuels: Hendrik Christo Viljoen (1937-2023)
Soms knoop ʼn begaafde mens se aktiwiteite só ʼn muurtapyt dat ʼn mens daarna kyk en patrone in die lewe van ʼn volk verstaan. Dit geld ook vir die lewe en loopbaan van prof. Christo Viljoen, wat op Vrydag, 13 Januarie 2023, op 85-jarige leeftyd oorlede is.
Nadal se titelverdedig-droom aan skerwe
Rafael Nadal het vandag in skoon stelle teen Mackenzie McDonald in die tweede ronde van die Australiese Ope vasgeval – sy swakste vertoning by ʼn Grand Slam-toernooi in sewe jaar.
City Power vat wanbetalers in Alexandra vas
Die Alexandra-nedersetting skuld in totaal meer as R360 miljoen vir elektrisiteit.
Een vas ná moord op Mpumalanga-boer
Die verdagte is tydens ʼn struweling met ʼn polisiebeampte in die bobeen geskiet en beseer.
Al meer Christene wêreldwyd vervolg
Vervolging staar 312 miljoen Christene wêreldwyd, dit is een uit elke sewe Christene, tans in die gesig.
Resep: Spesery-sjokoladekoekies
Maak jou koekieblik vol met dié sjokoladekoekies.
Gedig: namakwaland
In sy gedig “namakwaland” skryf Coen Vollgraaff: “in namakwaland lê my liefde rooiduin hoog.”
Novak steeds onstuitbaar in Australië
Novak Djokovic het sy 35ste wedstryd op ʼn streep in Melbourne gewen.