Soorte resepte:

Resep: Spesery-sjokoladekoekies

Spesery-sjokoladekoekies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Maak jou koekieblik vol met dié sjokoladekoekies.

Bestanddele

  • 125 g (140 ml) sagte botter
  • 175 g (200 ml) sagte bruinsuiker
  • 1 eier
  • 280 g (500 ml) koekmeelblom
  • 1 ml sout
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml gemaalde speserye
  • 5 ml gemaalde kaneel
  • 3 ml gemaalde gemmer
  • 200 g donker sjokolade, gekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
  2. Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig.
  3. Voeg die eier by en meng goed.
  4. Sif die droë bestanddele en meng dit met die bottermengsel. Voeg die sjokolade by en meng.
  5. Rol die deeg in balletjies en plaas op ʼn gesmeerde bakplaat, ver genoeg uitmekaar. Druk die balletjies effens plat met ʼn vurk.
  6. Bak vir 10 tot15 minute of tot gaar.
  7. Spuit gesmelte sjokolade in fyn strepies bo-op die koekies indien verkies.

Bron: 101 Kleinkoekies
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mizanne Hattingh ·

Dagsê
Die resep is stap vir stap vanuit Lapa Uitgewers se resepteboek, 101 Kleinkoekies, gepubliseer. Dit is inderdaad gemaalde en nie gemengde speserye nie.
Warm groete
Mizanne Hattingh namens Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.