Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.
“namakwaland” deur Coen Vollgraaff
in namakwaland
lê
my liefde
rooiduin hoog
in die skadu
by gifberg
se voet
rolbos
my verlange
teen ʼn
doringdraad-heining
vas
oor die
groot karoo
se wye vlak
draf
ʼn jakkals
windvoet
oor my hart
- Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red
So pragtig dit breek my hart. Ek het grootgeword aan Gifberg se voet….