Al meer Christene wêreldwyd vervolg

(Argieffoto; Verskaf)

Die vervolging van Christene wêreldwyd neem teen ʼn kommerwekkende tempo toe.

Die organisasie Geopende Deure se jaarlikse Wêreldwaarnemingslys (WWL) van lande waar Christene die ergste vervolging weens hul geloof ervaar, dui op die hoogste vlakke van vervolging in die 30 jaar wat die lys al opgestel word.

“Die WWL het bevind dat meer as 360 miljoen Christene uiterste of baie hoë vlakke van vervolging en diskriminasie weens hul geloof ervaar – ʼn styging van 20 miljoen sedert twee jaar gelede,” het die opname bevind.

“In die top-50-lande alleen staar baie hoë of uiterste vlakke van vervolging altesame 312 miljoen Christene nou in die gesig.”

Die syfer verteenwoordig een uit elke sewe Christene wêreldwyd, ʼn toename van die een uit agt Christene wat ʼn jaar gelede dieselfde vlak van vervolging moes trotseer.

Daar was ook ʼn amperse verdubbeling van lande waar Christene geweldige vlakke van vervolging ervaar: Dit het van 40 lande in 1993 tot 76 in 2023 toegeneem.

“Dit laat ʼn mens nederig voel om te besef dat vanjaar se 30-jarige herdenking miljoene gesinne, vroue, mans, jeugdiges en kinders verteenwoordig wat spesifiek geteiken word om ʼn hoë tot uiterste prys vir hul geloof in Jesus en hul Christelike identiteit te betaal,” sê Lynette Leibach, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika.

“Dit is ʼn donker prentjie – maar steeds beklemtoon dit die dringendheid en geleentheid om die plaaslike kerk in hierdie lande te vind, met hulle in verbinding te tree en by hulle te staan om te verseker dat ons broers en susters moedige ligdraers in die donkerte kan wees. Die bevindings vereis optrede.”

Top-5-lande

Noord-Korea is terug in die topposisie nadat dit verlede jaar deur Afghanistan onttroon is. Die Taliban het Afghanistan in 2021 weer oorgeneem, maar voor dít was Noord-Korea vir die vorige 20 jaar (van 2002 tot 2021) in die eerste plek.

Ondanks die feit dat Afghanistan van die topposisie in 2022 tot die negende posisie vanjaar afbeweeg het, bring die skerp daling min vreugde en bly vervolging in hierdie land op ʼn uiterste vlak. Die groot daling in sy ranglysposisie word daaraan toegeskryf dat bekeerlinge nou nog dieper ondergronds as tevore leef – wat ʼn groter uitdaging skep om geverifieerde data oor geweld te bekom.

Somalië, wat in 2022 in die derde plek was, het vanjaar opbeweeg na die tweede posisie. Dit word gevolg deur Jemen in die derde plek, Eritrea en Libië in die vyfde plek.

Geweld teenoor Christene in Afrika suid van die Sahara het kommerwekkende nuwe vlakke bereik, met gewelddadige Islamitiese militante wat die gebied destabiliseer deur uiterste geweld te gebruik. Dit is die ergste in Nigerië (in die sesde plek op die lys), waar militante van Fulani, Boko Haram, die Islamitiese Staat Wes-Afrika Provinsie (ISWAP) en ander groepe strooptogte op Christen-gemeenskappe uitvoer, asook moorde, verminkings, verkragtings en ontvoerings vir ʼn losprys of seksuele slawerny.

Die organisasie sê ʼn enorme humanitêre katastrofe staar die streek in die gesig, terwyl die vlaag godsdienstig gemotiveerde geweld van Nigerië af versprei, met Christen-bevolkings wat teen ʼn kommerwekkende tempo in lande soos Mali, Burkina Faso, Niger en Kameroen geteiken word. Tekens van djihadistiese uitbreiding is ook sigbaar in Mosambiek, die Demokratiese Republiek van die Kongo en ander lande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Korrelkop ·

Dit sê mense nou al vir 2000 jaar. Vir al wat ons weet gaan dit nog 1000 of 2000 vat

Ronel ·

Tekens van die tye – die Bose probeer vir oulaas ons monde snoer – dit sal nooit gebeur nie. As jy Jesus een keer ontmoet het en Hom leer ken het en natuurlik Hom liefgekry het, is dit vir altyd. So bring hulle maar net God se Woord in vervulling!!!

Gideon ·

Elke knie SAL buig, al ken ek julle nie bid ek vir julle, ons Almagtige God slaap nie….JESUS IS DIE ANTWOORD!!

Anel ·

Moennie Suid Afrika weggooi nie. Kyk maar bietjie, in elke gaatjie kry jy deesdae ‘n pakistanie winkel. Hoe hulle oorleef, weet geen mens! Jy kan maar net dink. Vertrou hulle niks. Probleem is, hy kan hierna toe kom en handel dryf, maar ek kan nie dieselfde is sy land gaan doen nie.(Nie dat ek wil nie). Maar ja, dan mag mens nie suspisieus wees nie!!!!!

TruthDealer ·

Ek dink nie jy hoef jou te bekommer oor die Pakistani’s met hul piepklein winkeltjies nie. Hulle probeer seker maar n lewe maak in n land wat hulle voel is beter as hul eie. Diegene in my dorp se wegneemkos en sigarette is veel goedkoper as die tipiese Suid Afrikaanse winkel of kafee. En daar is miljoene der miljoene Suid Afrikaners wat die goedkoopste moontlike opsies moet neem. Dit is hoe hierdie Pakistani’s oorleef. Hulle ware is goedkoper. So eenvoudig soos dit. Niks onheilspellend nie.

Prinses Bella ·

Siener van Rensburg het gewaarsku…die grootste bedreiging vir SA sal van die Ooste af kom…al die Islamitiese, kommunistiese en Moslem lande. Ons regering is ongelukkig in dieselfde bed met hulle, tot dit nie verander nie gaan ons nêrens. Maar hulle sal nog uitvind, die radikale Moslems het geen tyd vir ander nasies nie, hulle sal eerste ge-elimineer word in ‘n oorname.

Delia ·

Prinses…..mense moet regtig ophou om aan te gaan oor Siener. Kyk op na God

Samuel ·

Amen!!

Siener was’n mens soos ons en geensins ‘n “profeet” nie.

Truman Burbank ·

Ah. “oom sienser”. Die boere rasputin. Die orania profeet.

Korrelkop ·

Ek voel skielik nie meer so jammer vir die lande op die lys nie. Meeste van hulle vergaan van ellende, en nou verstaan ek hoekom.

Hennie ·

Stem saam. Dié lande is bekend as die “long drops” van die wêreld.

MARTIE ·

Mens se hart krimp ineen vir medegelowiges se onderdrukking en lyding en bid sonder ophou vir hulle. Ek kan nie help om te wonder waar val China in die lys nie.

Die Goodwoodianer ·

Staan sterk en wees eerlik, mede Suid-Afrikaners. Ons is wie ons is.

Henri ·

Al ooit opgelet hoe ons Skepper en Verlosser se Heilige Naam al hoe meer en vrylik ydelik en lasterlik gebruik word in flieks en op televisie?

Christina ·

Kyk op fb die kort video’s van klein kinders. Daardie kinders gebruik Sy Naam net so ydelik.

wildtuin ·

Die Skrif se ons weet nie die presiese dag nie, dit kan nog vandag wees of eers oor honderde jare of dalk nog langer . Dit kan enige oomblik gebeur, ons moet net reg wees, Jesus kan enige oomblik kom Al die vervolginge en ander gebeure is tekens van die tye. Ons word wel nie in die weste nog in die tronk gegooi of doodgemaak nie, maar op n baie subtiele manier word ons alhoemeer uitgewerk.

Samuel ·

Christene slaap rustig in SA. Pasop vir ons slinkse politici en veral díe in die ANC en EFF.

Dandeleen ·

Wildtuin dit is seker nog die wyste woorde wat iemand hier kon sê vandag! Ons weet nie hoe lank nie, ons moet net gereed wees en van een ding verseker wees, HY KOM.

wildtuin ·

Ons kan vrede he, niemand! Kan ons van die Here Jesus se liefde skei nie, niemand of niks sal Hom keer daardie groot dag wanneer Hy oor die wolke kom nie

Cherokee ·

‘n Egpaar met ‘n klein seuntjie het onlangs uit Eritrea gevlug en woon in een van ons woonstelle. Eritrea is 4rde op die lys. Ek het gedink sy is Arabies maar sy beskryf haarself as ‘Erithrean’.

Lodewicus ·

Opmerklik dat al die lande op die lys waar Christene vervolg word, almal sh1th0le countries is.

Chris ·

Ons kan net ons Koning dank dat ons nog in hierdie land wat Hy vir ons gegee het nog Godsdiensvryheid het en enige tyd en sonder vrees Hom kan aanbid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.