Dodetal styg verder, weke ná ontploffing

(Foto: IHSAAN HAFFEJEE/ANADOLU AGENCY/Anadolu Agency via AFP)

Nóg ’n slagoffer van die noodlottige ontploffing in Boksburg op Oukersdag, het intussen aan sy of haar wonde beswyk. Die dodetal staan nou byna ’n maand na die voorval op 41.

Die polisie het ook sedertdien sy ondersoek na die ontploffing afgehandel en is gereed om die hof weer te nader, het die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, Woensdagoggend gesê.

Die bestuurder van die tenkwa wat die oggend van 24 Desember verlede jaar onder ʼn brug in Boksburg vasgesteek en eindelik ontplof het, is aanvanklik in hegtenis geneem, maar later weer vrygelaat sonder om in ’n hof te verskyn.

Die 32-jarige bestuurder is deur die polisie ondervra voordat hy op waarskuwing vrygelaat is hangende verdere ondersoeke.

“Sodra die ondersoeke afgehandel is, sal die saakdossier na die hof gestuur word vir ʼn beslissing,” het brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, in daardie stadium gesê.

Muridili kon nie Woensdagoggend bereik word om kommentaar te lewer oor die polisie se afhandeling van hul ondersoek nie.

Rosetta Brits het vier kinders tydens die ontploffing verloor. (Foto: Boksburg Community Group, Facebook)

Jacaranda FM se Good Morning Angels-span het intussen vandeesweek R200 000 aan die naasbestaandes van slagoffers geskenk. Dit sluit in R50 000 vir Rosetta Brits wat vier van haar kinders, Jamel (16), Gerrie (10), Sebastian (14), en Adrian (12), aan die dood afgestaan het.

Die Mashaba-familie sal ook R50 000 ontvang ná die dood van Ndumiso, Neo en Nthabiseng Mashaba. Ndumiso en Neo het ’n driejarige kind en ʼn ses maande oue baba agtergelaat. Ndumiso, Nthabiseng se suster, laat ’n 8-jarige seun agter.

Hul ouers, met wie hulle ’n huis gedeel het, moet nou sonder hul broodwinners oorleef.

Die oorblywende R100 000 sal aan die SA Hope-stigting geskenk word om talle ander gesinne by te staan wat geliefdes tydens die ontploffing verloor het, aldus Good Morning Angels.

Maroela Media het vroeër berig die bestuurder van die gastenkwa se werkgewer, Innovative Staffing Solutions (ISS), het ná die ontploffing ’n interne ondersoek van stapel gestuur en vasgestel dat die bestuurder nie nalatig opgetree het nie en alles in sy vermoë gedoen het om omstanders bewus te maak van die gevaar van die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Pieter ·

want die strate en brug is nie gemerk nie. Maar daar is baie meer aan die storie as net die drywer. Dit kom neer op ketting reaskie van baie

Cherokee ·

Die trokbestuurder behoortdie hoogte van sy vrag te ken en daar is hoogtebeskrywings by oorhangbruë.

Marcello ·

Ek wil dit ook weet, dit was my eerste vraag, nadat ek van die ontploffing gehoor het.

Cabous like braai ·

aMense wil vinnig reageer,maar volg nie die nuus nie,die Brug se borde en waarskuwings is onleesbaar daar ook nie borde wat in plek moet wees voor die brug nie…Carte Blance was ook daar gaan kyk gerus na die opvang kanaal van DSTV

Harley Davidson ·

En dit is waar die probleem inkom,munisipaliteit hou nie die infrastruktuur in stand nie en die teken was laas deur Paul kruger se regering op gesit.

Juanita ·

Daar was ook geen sigbare teken wat die hoogte van die brug aandui nie. Wie se nalatigheid is dit?

Johann ·

Weet nie wats die ergste nie. Dat niemand jammer sê omdat hulle bang is dit word gesien as skuld erken…of dat iemand actually verandwoordelikheid aanvaar en per implikasie jammer moet sê (lees WYS).

SwartBees ·

Ek bedoel nie om lelik te klink nie, baie het fout gegaan op daai dag en die vingers kan in alle rigtings gewys word oor wie se skuld dit is. ALMAL IS SKULDIG. Deesdae as n trok breek word hy geplunder van sy vrag. Ek voel baie jammer vir al die mense wat geraak is, maar hulle moes hul distansie gehou het al was dit n trok wat water vervoer het.

Patch ·

Ek stem saam. Ons mensdom se nuuskierigheid het hierdie keer baie hartseer veroorsaak.

SwartBees ·

Kyk die inset op Carte Blanche wat die Sondag aand op was ivm die storie.

Estelle ·

Wat vir my baie ironies is, is dat die trokbestuurder min/geen beserings opgedoen het nie, terwyl mense wat n hele ent verder weg van die trok was (bv die hospitaalpersoneel) gesterf het in die ongeluk. Dit se vir my die trokbestuurder moes baie ver weg van die trok gewees het en hy het die hasepad gekies toe hy sien daar is moeilikheid.

SwartBees ·

Die bestuurder het die verkeerde roete gevolg en wou omdraai – Ja.
Ook het hy protokol gevolg om die mense te waarsku en weg te hou toe hy self omkap en per ambulaans hospitaal toe is.

Elmarie ·

Die trok bestuurder is hospitaal toe gevat voordat die trok ontplof is. Hy is hospitaal toe weens die walms wat hy in ge-asem het.

Patch ·

As jy van die eerste artikels in die nuus gelees het sou jy sien dat die drywer nie bekend was met die area nie en ‘n verkeerde afdraai geneem het om weer op ‘n hoofroete te kon kom.

Papsak ·

Hy was nalatig se net wat julle wil skerm en keer net soos julle wil hy was verkeerd en lewens gekos sorrie uit en oor

SwartBees ·

True, maar wat van die nood dienste wat +/- n uur gevat het? Polisie wat nie beskikbaar was nie? Geen nood plan in plek. En die ouens is letterlik om die draai van die toneel.
As jy wil vinger wys, wys hom na die huidige goverment toe – Brandweer is staat, Polisie is staat. Onduidelike en geen hoogte borde padlangs is ook staat.
Die enigste nood diens hulp (wat in sy minderheid is) was privaat sekuriteit wat NIE deur die staat befonds word nie.

SwartBees ·

En mag ek by las dat die privaat sekuriteit maatskapye hulle agter ente afwerk om die polisie se werk ook te doen. Ongeag wat die situasie is, hulle is eerste daar. In my boek is hulle die unsung heroes en moes aan hulle ook fondse beskikbaar gestel word.
Terwyl ons in die aande lekker lê en slaap los hy sy vrou en kinders alleen om ons veilig te hou.

Keelvol ·

Swartbees, jy praat nou deur jou nek. Die Sekuriteit is deel van die misdaad probleem. Doen n bietjie huiswerk.

Keelvol ·

Papsak, van die mense het uit nuuskierigheid nader gaan staan om te kyk.

Dandeleen ·

Jy is reg Johan, daar was tot beeld materiaal versprei nog voor die polisie op die toneel was. Beelde wat ek per ongeluk gesien het en nooit weer uit my kop sal kry nie. Mense was nie gehelp nie, hulle pyn was af geneem… sê baie van die mens.

Nettie ·

Mag hul almal in vrede Rus. Dit is so ‘n hartseer ding. Dankie aan almal wat uitreik na die agtergeblewenes, veral die Mamma wat 4 kinders verloor het.

Eugene ·

Van daai ontploffing, gaan niks van kom nie. Niemand wil pa staan nie, en daai d……e drywer is onskuldig.

quartus ·

die dossier gaan nie na die hof vir n beslissing nie, maar wel na die staatsaanklaer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.