City Power vat wanbetalers in Alexandra vas

[Foto: Skermskoot]

City Power se tegnici het Dinsdag begin om elektrisiteitstoevoer af te sny na groot sakeondernemings in die Alexandra-nedersetting, noord van Johannesburg, wat nie hul elektrisiteitsrekeninge betaal nie.

Die Alexandra-nedersetting skuld in totaal meer as R360 miljoen vir elektrisiteit.

Die kragvoorsiener se veldtog om die wanbetalende ondernemings se krag af te sny duur tot Vrydag. Die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD) en die polisie gaan die tegnici van City Power na die verskillende ondernemings vergesel.

Die kragvoorsiener wil met dié veldtog R36 miljoen van ondernemings invorder.

Volgens Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het die ondernemings wat nie hul kragrekeninge betaal nie maande gelede kennisgewings ontvang dat hul krag afgesny sal word indien hulle nie betaal nie.

“Ons gaan nie onderhandel nie, ons gaan die krag afsny, want hulle [ondernemings] het ons kennisgewings ignoreer,” het Mangena gesê.

Volgens Mangena is daar van die ondernemings wat wel hul kragrekeninge kan betaal, maar nie doen nie.

Die kragvoorsiener het eerste die krag by ’n Engen-vulstasie in Alexandra, wat R1 miljoen skuld, afgesny.

’n Kerk in die nedersetting skuld sowat R750 000 terwyl een onderneming in Kew R2 miljoen skuld.

Central Johannesburg TVET College se Alexandra-kampus het teen Dinsdag laatmiddag hul kragrekening van sowat R980 000 betaal.

City Power doen ’n beroep op die ondernemings om hul skuld te betaal of om die nodige reëlings te tref om dit te vereffen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

domheks ·

Lekker plek die! Mandela het dan gratis krag, water en spoeltoilette beloof?

Misky ·

Niks minder as reg nie, kry vir julle en gaan hierna Soweto toe, asb.

miraclealigner ·

Soweto kry beurtkrag – ek weet nie waar die wanindruk vandaan kom nie…. Hulle betaal wel nie.

Piet 6 ·

Almal hardloop agter Soweto by Durban aan wat nie beurtkrag saam met nog woonbuurte in Natal nie beurtkrag kry nie as gevolg van die vloede verlede jaar. MM kan gerus ń artikel daaroor skryf.

Cherokee ·

Ons kry nou weer beurtkrag in Durban (wanneer dit fase 4 of hoër is).

miraclealigner ·

Soweto OOS se skedule is baie soos die Weste van JHB se skedule. Soweto WES en Soweto UJ se skedule is baie soos die Noorde van JHB se skedule…

Wondermaarnet ·

Nou gaan hulle seker weer alles afbreek en afbrand omdat hulle moet betaal.

marius ·

Hoe de duiwel kan jou rekening R2 miljoen agterstallig raak en hulle dan eers wil wakker skrik . As ek nie my krag betaal nie word dit summier afgesny . Ek is te wit . Dis die waarheid .

Pieter ·

Hoe werk dit dat hulle dit sommer so met ‘n bout snyer kan sny? Is daar nie ‘n beter proses nie?

Jacobus ·

Dit is onwettige konneksies wat met n groot kabelknipper afgeknip word. Niks daarmee fout nie.

Althes ·

Hoog tyd dat wanbetalers en roofgebruikers vasgevat word. Die ANC kom agter die wanbetaal en die lewe-skuld-my-iets laat hul soustrein ontspoor.

Hennie ·

Sny almal wat geld skuld se krag af. Baie mense sal vinnig begin betaal, wat Eskom se finansiële posisie sal verbeter. Dan sal die “betalers” nie 19% meer hoef te betaal nie

Brombeer80 ·

Hoekom sny n stadsraad/krag voorsiener eers die krag af wanneer die agterstallige krag om en by -R1 000 000 is en nie wanneer dit om en by -R1 – R1000 in die rooi is nie? En my voorstel is dat almal voorafbetaalmeters geinstalleer moet hê by hulle persele om die veldtog eens en vir altyd hok te slaan.

Jacobus ·

Baie van hierdie is onwettig gekoppelde krag of betalers wat reelings vir agterstallige rekening getref het maar dit nie nagekom het nie. Baie van hierdie verbruikers se rekening is sommer R500 000 per maand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.