Video: Sokker op krukke ʼn groot inspirasie

Skermgreep uit die video

Wanneer mens werklik passievol is oor iets, kan niks jou keer om dit te bereik nie. Alhoewel mens soms hindernisse teëkom, is al wat saak maak hoe jy dit oorkom.

Dit is opnuut bewys in ʼn video van ʼn groep mans wat ondanks alles steeds sokker speel.

ʼn Spel soos sokker vereis dat die deelnemers maklik moet kan rondbeweeg, maar dié groep bewys dat hulle dit selfs met krukke kan regkry!

Die video is verfilm deur die World Amputee Football Federation en is op Twitter gedeel deur Santosh Singh. Dit wys ʼn sokkerwedstryd tussen Spanje en Engeland vir atlete met gestremdhede.

Hulle is almal baie entoesiasties en laat nie toe dat hul gestremdhede hul hoegenaamd keer nie. Die sokkerspelers skop die bal, teken doele aan en vier oorwinnings met hul spanmaats.

“Die mens se geesdrif ken geen perke nie,” lui die beskrywing by die video.

Kykers het die atlete geloof vir hul pogings en ʼn besonderse sokkerwedstryd. “Ek is dol oor hul energie!” skryf een persoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

isabelle ·

waar daar n wil is…inspirasie vir my wat so graag op die bank sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.