Verdere deurbraak ná moord op prokureur

Dorah Zwidofelangani Manwadu (Foto verskaf deur die NVG)

‘n Span ondersoekbeamptes wat die moord op Mbambadzeni James Manwadu (46), ʼn bekende prokureur van Thohoyandou, ondersoek, het ʼn verdere deurbraak gemaak. Die oorledene se vrou is in hegtenis geneem nadat sy positief met die voorval verbind is.

Die polisie het aanvanklik drie verdagtes in verband met die moord in hegtenis geneem.

“Die 43-jarige verdagte is Dinsdagaand in Tshakuma in die Vhembe-distrik in Limpopo opgespoor en in hegtenis geneem,” sê brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie.

Manwadu, ʼn regshulpprokureur, is op 16 Januarie 2022 omstreeks 20:30 voor sy huis doodgeskiet. Hy het die aand van die voorval by die huis aangekom en toe hy uit sy motor klim om die hek oop te maak, het twee verdagtes hom genader en hom ʼn paar keer geskiet.

Dorah Zwidofelangani Manwadu, die vrou van die oorledene, het Woensdag in die landdroshof in Thohoyandou verskyn op aanklag van moord. Sy bly in aanhouding tot 3 Februarie vir regsverteenwoordiging.

Dorah Zwidofelangani Manwadu (Foto verskaf deur die NVG)

Die ander drie verdagtes, Tshianeo Munyai (30), Pfunzo Lidzebe en Nemakhavhani Ndalamo (22), sal op 20 Januarie weer in die hof verskyn.

Munyai en Lidzebe word ook verbind met die moord op die burgemeester van die Collins Chabane-munisipaliteit, sê Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag. Hulle sal van 29 Mei tot 15 Junie in die Polokwane-hooggeregshof verskyn in verband met dié saak.

Munyai word met verskeie ander misdade verbind wat tussen 2020 en 2022 gepleeg is.

Ndalamo word ook verbind met verskeie sake van huisbraak, roof en diefstal in Thohoyandou en omgewing, voeg Malabi-Dzhangi by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marcello ·

Hoekom altyd wraak neem op ‘n Regsgeleerde, dit is skrikwekend hoeveel Regsgeleerdes koelbloedig dood geskiet word. Dit lyk of dit nou een van die gevaarlikste beroepe in die land word. Ek weet van ‘n geval waar ‘n Prokureur iemand verdedig het in die hof, het die aangeklaagde vir die Prokureur gewys, hy sal sy keel laat afsny.

Delia ·

Sy vrou sit agter alles en sy huur mense met kriminele agtergrond. Hoekom nie net maar skei. Waar is die kinders?

JohanR ·

Daars ‘n YouTube waar ‘n vrou die regter in die VSA vloek toe hy haar ‘n jaar tronkstraf gee. Toe gee hy haar twee jaar. Toe vloek sy hom weer, toe gee hy haar drie jaar. En daar het sy opgehou.

Watsenaam ·

Eintlik nogal slim. Sy het gou geleer, Wonder of sy om verskoning gevra het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.