Gedagte vir die dag: Gee jou beste vir God

Vroue_gelukkig_berg_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (Kolossense 3:23-24)

Dit lyk dalk moeilik om in alles jou beste vir God te gee, maar dit is presies die gesindheid wat God belowe om te beloon.

Wanneer jy jou beste vir Hom gee in jou stiltetyd, sal Hy jou deur gebed en sy Woord inspireer. Wanneer jy die beste uit jou inkomste vir Hom gee, sal Hy jou seën deurdat jy sal sien hoe dit ander help. En wanneer jy jou beste gee om ander te dien, sal jy geseën wees met persoonlike vervulling en hegter verhoudings. God verander jou beste pogings in ewige belonings.

Hoe kan jy vandag jou beste vir God gee?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.