ʼn Afrikaanse Paasfees

Argieffoto (Foto: Bruno /Germany/Pixabay)

Met Paasfees om die draai en almal se familiebraai en kampplanne vasgemaak is dit ook natuurlik lekker om te beplan aan ʼn Paasfees-feesmaal.

ʼn Paasmaal is ʼn ode aan die laaste ete wat Jesus saam met sy dissipels voor sy kruisiging gehad het. Jesus het met daardie laaste ete sy dissipels bedien. Ons lees in Lukas dat Jesus baie uitgesien het na hierdie ete saam met sy volgelinge.

In die evangelie van Lukas sê Hy vir hulle om elke keer aan Hom te dink as hulle saam brood breek:

Toe vat Jesus die brood, sê vir God daarvoor dankie, breek dit in stukke en gee dit vir sy dissipels. “Vat dit en eet,” sê Hy. “Dit is my liggaam. Dink elke keer aan My as julle saam hierdie brood breek en eet. Onthou dan dat Ek my lewe vir julle opgeoffer het.” 

Vandag hou ons as gesinne saam ʼn Paasmaaltyd om ook saam met Jesus aan tafel te sit, om te onthou waarvoor Hy sy lewe gegee het.

“Hierdie beker is die teken en die bewys dat God ’n splinternuwe ooreenkoms met julle maak. My bloed wat binnekort gaan vloei, sal al julle sondes wegwas. Dit sal maak dat julle in ’n nuwe verhouding met God staan.”

Dek hierdie Paasfees vir jou gesin ʼn Afrikaanse tafel en bedien hulle soos wat Jesus sy dissipels bedien het. Lees dan ook vir hulle Lukas 22 as ʼn blye herinnering aan die grootste opoffering wat al ooit gemaak is. Maak nie saak of julle hierdie Paasfees by die huis vier of in die bosveld nie, ʼn stukkie brood en ʼn bietjie wyn is al wat werklik nodig is.

  • As jy op soek is na ʼn paar mooi Afrikaanse items om hierdie jaar jou Paasfees-tafel ekstra spesiaal te maak, kan jy gerus loer na ons blikreeks op die Koöperasie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.