Fase 3 skop vroeër in

(Argieffoto: Dall-E)

Eskom het ’n kort ruk gelede aangekondig dat beurtkrag kort ná 18:00 vanaf fase 2 tot fase 3 verhoog moes word.

Die kragvoorsiener sê die hoër as verwagte vraag na elektrisiteit het hom vroegaand genoop om van fase te verander.

Dié onverwagse wysiging volg maar enkele ure ná Eskom aangekondig het dat fase 2 oornag sou geld voordat fase 3 Donderdag 05:00 sou inskop en tot 16:00 sou geld, gevolg deur fase 4 tot Vrydag om 05:00.

Fase 3 duur nou langer, maar steeds tot Donderdag 16:00.

“Die voorheen bepaalde beurtkragskedules duur dan voort,” sê Eskom.

Maroela Media het vroeër vandag berig onbeplande instandhoudingswerk het teen vanmiddag tot ʼn verlies van 15 089 MW gelei, terwyl nog 7 147 MW weens beplande instandhoudingswerk nie gebruik kon word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.