Video: Honde speel te lekker met ballon

Skermgreep uit die video

Soms het mens bietjie afleiding nodig. ʼn Video van honde wat met ʼn ballon speel, is dalk net die antwoord.

Temjen Imna Along, wat gereeld grappige plasings op sosiale media maak, het die video gedeel met die byskrif “Hoekom moet mense al die pret hê?” en ʼn laggesiggie daarby gevoeg.

Die video begin waar skaaphonde in ʼn veld met ʼn groen ballon speel. Hulle stamp met hul neuse die ballon in die lug en maak beurte om dit te vang.

Die oulike video het baie kommentare uitgelok.

Een persoon laat weet hulle het die video sommer ʼn paar keer gekyk. “Ek het probeer raai watter hond gaan spring en ek was elke keer verkeerd!” skryf nog iemand. “Mens kan duidelik die verskil sien tussen vaardigheid en geluk – ses trefslae en vyf daarvan was dieselfde hond!” laat weet nog ʼn kyker. “Nuwe span vir die volgende sokkerwêreldbeker!” skerts ʼn vierde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.