Suid-Afrika kom op 28 Julie teen Wallis te staan.
Lees meerAlles vir Maandag 24 Julie 2023
Vrugtedief kom haar moses teë
ʼn Verandering in die benadering jeens onwettige vrugteverkopers, wat in die meeste gevalle gesteelde voorraad langs die pad verkoop, werp vrugte af in die Wes-Kaap.
Versag klimaatsverandering só – Syngenta
Drie uit elke vier produsente in Afrika sê hul boerderye word reeds tot ʼn groot mate deur klimaatsveranderinge geraak, veral droogtes en watertekorte.
Meer as R12 miljoen se onwettige sigarette by grenspos gevind
Die polisiebeampte, wat die vragmotor toegelaat het om die grenspos te verlaat, word ook ondersoek.
Tien huise in brand by Canelands verwoes
Onwettige elektrisiteitsverbindings was vermoedelik die oorsaak van die brand.
Meer dae sonder krag in 2023 as afgelope vier jaar gesamentlik
“Oor vier dae, met geen einde in sig van beurtkrag nie, sal ons meer beurtkrag in 2023 beleef het as die afgelope 10 jaar gesamentlik.”
Borgtogaansoeke vir bloulig-aanranding begin
Die geskorste beamptes het in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding, kwaadwillige saakbeskadiging, die afvuur van ʼn vuurwapen en nog nege ander aanklagte wat vanoggend bygevoeg is.
Hoe berei ons kleuters voor vir ’n nuwe wêreld?
Die tegnologie is neutraal, maar die gebruik daarvan kan positiewe of negatiewe gevolge inhou. Hier is ʼn paar noodsaaklike vaardighede wat kinders moet ontwikkel, sodat hulle ʼn onbekende wêreld reg sal benader en met oop oë instap.
Twee dae, twee plaasaanvalle in KZN
In albei gevalle het die slagoffers noodoproepe op die plaaslike radionetwerke gemaak, waarop boere, private sekerheidsmaatskappye en die polisie in die omgewing gereageer het.
ToekomsVenster: Is jy getrou aan jou skeppingsdoel?
Hoe is jy besig om aan jou skeppingsdoel uitdrukking te gee? As ʼn mens eers ʼn antwoord gevind het op hierdie vraag en inderdaad daarmee besig raak, bring dit merkwaardige vervulling en tevredenheid.
Greta Thunberg beboet ná betoging
“Ek glo ons beleef ’n noodgeval, en dan was my optrede wettig,” het die 20-jarige Sweedse omgewingsaktivis ná afloop van die verhoor gesê.
Belegging groot hupstoot vir SA pistasiebedryf
“Suid-Afrika se spel in die bedryf kan dus ’n wesenlike oorwinning vir die land se landbou-uitvoer beteken,” sê Winchester.
Natasha kraai tweede week koning(in) in Mej. SA-werklikheidskompetisie
Dié Mej. SA-finalis het opnuut bewys dat sy ʼn kop vir sake het nadat sy vir die tweede opeenvolgende week ʼn “Crown Chasers”-uitdaging gewen het.
Kommer oor planne vir slimmeters
Die DA wil vasstel of daar werklik ʼn plan is vir die installering van slimmeters in huishoudings oor die hele land, en of dit net “nog ʼn kommunikasieveldtog is om die indruk te skep dat die regering oplossings vir die beurtkragkrisis het”.
Dié lesers wen kaartjies vir kykNET Buite Ekspo
Marizka van der Merwe, Christine Kruger, Amelia Möller en Philip de Lange kan uitsien na ʼn adrenalienbelaaide naweek.
11 dood ná dak by skool-gim in China meegee
Die ineenstorting van die dak is veroorsaak deur konstruksiewerkers wat perliet – ’n vorm van vulkaniese glas – onwettig op die gebou se dak geplaas het.
Aussie-branderplankryer oorleef haai-aanval
Die man kon uit die kake van die haai ontsnap, waarna ʼn verpleegster hom by ʼn nabygeleë koffiewinkel gevind en gehelp het.
Branderplankryer-otter ontwyk vangers
“Dit lyk oulik, maar dit is glad nie. Hierdie otter is baie aggressief.”
Beurtkrag tot fase 5 opgestoot
Eskom het Maandagmiddag inderhaas aangekondig dat hy beurtkrag verder moet opstoot omdat van sy opwekkingseenhede nie weer aanlyn gebring kon word nie.
Klawers dans eersdaags op Oudtshoorn-klavierfees
Liefhebbers van diverse klaviermusiek sal weer eersdaags bekoor word op die 14de jaarlikse Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn.