Greta Thunberg beboet ná betoging

Greta Thunberg Maandag by die hof in die suidelike Sweedse stad Malmö (Foto: Andreas Hillergren/TT News Agency via AFP)

Greta Thunberg is Maandag beboet nadat sy verlede maand tydens ’n betoging nie ag geslaan het op die polisie se bevele nie.

Die 20-jarige Sweedse omgewingsaktivis het deelgeneem aan ’n betoging wat verkeer ontwrig het, terwyl sy geweier het om die polisie se bevele te gehoorsaam om die terrein te verlaat.

Sy het Maandag ná 11:00 in die hof in die suidelike Sweedse stad Malmö verskyn.

“Dit is waar dat ek daardie dag daar was en bevele gekry het, waarna ek nie geluister het nie. Maar ek ontken dat ek enige misdryf gepleeg het,” het Thunberg in die hof gesê toe sy oor die klagtes teen haar ondervra is.

Volgens Thunberg het sy uit noodsaak opgetree, met verwysing na die behoefte om die klimaatkrisis aan te pak.

“Ek glo ons beleef ’n noodgeval, en dan was my optrede wettig,” het die klimaatkampvegter ná afloop van die kort verhoor aan verslaggewers gesê.

Thunberg is vir 1 500 Sweedse krone (sowat R2 577) beboet plus ’n bykomende 1 000 Sweedse krone (sowat R1 716) aan die Sweedse fonds vir die slagoffers van misdaad.

Die misdaad waaraan Thunberg skuldig bevind is, kan ’n maksimum vonnis van ses maande tronkstraf oplewer. In die meeste gevalle word boetes uitgereik.

Die saamtrek is gereël deur die omgewingsaktivistegroep Ta tillbaka framtiden (in Engels bekend as Reclaim the Future).

Betogers het probeer om die ingang en uitgang na die Malmö-hawe te versper om teen die gebruik van fossielbrandstof te betoog.

Ses lede van die aktivistegroep sal ook in die hof in Malmö verskyn.

‘Ons sal nie terugdeins nie’

Hoewel Thunberg oor die vingers getik is, sê sy nietemin sy gaan nie terugdeins nie.

“Ons weet dat ons nie die wêreld kan red deur die reëls te volg nie; die wette moet verander word,” het die aktivis gesê.

“Dit is absurd dat diegene wat in ooreenstemming met die wetenskap optree, diegene wat ’n stokkie voor die fossielbrandstofbedryf steek, diegene is wat die prys daarvoor moet betaal.”

Thunberg het wêreldbekendheid verwerf nadat sy op 15-jarige ouderdom vir die klimaat voor die Swede se parlement in Stockholm begin staak het.

Sy en ’n klein groepie jeugdiges het die Fridays for Future-beweging gestig, wat vinnig ’n wêreldwye verskynsel geword het.

Benewens haar klimaatstakings daag die jong aktivis gereeld regerings en politici uit omdat hulle nie klimaatkwessies behoorlik aanpak nie.

Die Reclaim the Future-groep dring daarop aan dat dit ondanks die wetlike druk ongeboë bly in sy vasberadenheid om op te staan teen die fossielbrandstofbedryf.

“As die hof kies om ons optrede as ’n misdaad te beskou, kan hy dit doen, maar ons weet ons het die reg om te lewe en die fossielbrandstofbedryf staan in die pad daarvan,” het Irma Kjellstrom, woordvoerder van die groep, gesê.

“Ons jongmense gaan nie wag nie, maar sal doen wat ons kan om hierdie bedryf stop te sit, want ons lewens hang daarvan af.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Oor ‘n paar jaar is sy Swede se Eerste Minister.

KatjieDeKat ·

So woke-onnosel soos die Sweedse populasie deesdae is, sal dit my min verbaas. To think they’re descendants of Vikings. Incomprehensible!

Marius ·

Gaan werk bietjie in die regte wêreld en nie slegs in jou internetwerklikheid nie

Ettienne ·

My liewe kind. Voordat julle alles verander wat julle kan, en die mens uiteindelik laat dans na julle leë morele en politieskorrekte pype moet jy besef dat die onderskeid tussen wettig of onwettig nog vir ‘n rukkie nie ‘n kwessie gaan wees van jou perspektief of opinie nie.

Realis Thailand ·

Die meisiekind is een persoon wie my laat rooi sien as ek haar foto sien of haar naam hoor
Sy is glad te groot vir haar skoene .het nog nie eers hoërskool voltooi nie en dink sy is kundig oor wereld en omgewingssake
Volgende keer as sy in die hof verskyn stuur haar tronk toe

SSH ·

Net nog ‘n “publicity stunt” – sy speel ‘n wesenlike rol in die WEF & NWO se planne.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sy ontvang ‘n salaris waaroor die meeste van ons net kan droom.

HPJ ·

Gertha is deel van die nuwe Covid foefie wat hulle klimaats verandering noe en ons globale pers hou daarvan om dit op die voorblad te hou en almal te sensor wat nie vir hulle leuens val nie Al Gor het in die 90 gese seevlak gaan met 2 m styg Dit het nooit gebeur nie Ons is ook nog nie dood van die gat in die osoon laag nie Net n main stream media foefie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.