Maak Mei-maand jou regpakmaand: Skenk jou winteritems

Helpende Hand se Ons Winkels

Die koue wintermaande lê voor ons uitgestrek en dit is tyd om van daardie ouer klere, komberse en ander winteritems van die vorige seisoene ontslae te raak. Ons nooi jou hierdie Mei-maand uit om enige bruikbare wintersitems, wat jy nie meer gebruik nie, aan Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkels te skenk. Die items wat jy skenk dien ʼn dubbele doel!

Dit items wat jy skenk word teen ʼn bekostigbare prys in die Ons Winkels reg oor die land verkoop. Dit beteken dat enige persoon van enige inkomstegroep vir hulself verskeie items teen bekostigbare prys kan aanskaf vir die koue wintermaande wat voor lê.

Die fondse wat uit dié verkope gemaak word, word dan deur Solidariteit Helpende Hand aangewend vir verskeie gemeenskapsprojekte in elke streek reg oor die land om gemeenskappe te versterk en voorspoed te verseker. Fondse word ook gebruik vir die Helpende Hand Studietrust wat die geleentheid bied vir duisende studente om verder te studeer.

Jou onbruikbare item kan ʼn dubbele doel dien en soveel verder strek terwyl jy vir die winter voorberei. Wees deel van die “Maak Mei-maand jou regpakmaand”-inisiatief deur enige winterklere, truie, jasse, komberse, duvets, winterstewels, en ander warm klere en toebehore wat nie meer gebruik word nie, te skenk.

Indien jy die groot regpak voor die winter wil trotseer is hier ʼn paar maniere wat jou kan help:

  • Klaar met versamel: Gaan deur jou kaste, laaie en ander opbergplekke en identifiseer enige ongebruikte of oortollige winteritems wat jy kan skenk.
  • Sorteer: Skei die items wat jy wil skenk van dit wat jy wil behou. Verseker dat die items skoon en in ʼn goeie toestand is wanneer jy dit bêre en ook wanneer jy dit aan jou naaste Ons Winkel skenk.
  • Skenk só: Jou items kan in sakke of bokse gepak word. Maak gerus kontak met die winkeleienaar en hoor of hulle ʼn diens het om die vrag op te laai, of vind uit waar die winkel is en gaan laai dit daar af. Indien jy nie weet hoe om ʼn Ons Winkel op te spoor nie, besoek gerus die webwerf onswinkel.co.za.
  • Versprei die woord: Moedig jou familie, vriende, en gemeenskap aan om ook in te spring en winteritems te skenk. Saam kan ons ‘n groot impak maak en die koue wintermaande ‘n bietjie warmer maak vir almal.

Kom ons wy Mei-maand toe aan die idee van “Maak Mei-maand jou regpakmaand” en gebruik dit as ʼn geleentheid om ʼn bietjie op te ruim en vir ʼn goeie doel te skenk. Kom ons omhels die krag van gemeenskap, vriendskap, en dankbaarheid terwyl ons saam die pad van die nuwe seisoen stap.

  • Om jou naaste Ons Winkel op te spoor, besoek gerus die webwerf onswinkel.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.