Tien huise in brand by Canelands verwoes

(Foto: Rusa/Facebook)

Tien huise is Maandagoggend in ʼn brand by ʼn informele nedersetting in Canelands, KwaZulu-Natal, verwoes.

Inwoners het Reaction Unit South Africa (Rusa) omstreeks 11:40 gekontak en bystand ontbied. Alle beskikbare beamptes is ontplooi en met hul aankoms op die toneel het verskeie hout en staalhuise in ligte laaie gestaan. Meeste van die huise was gesluit.

Rusa-beamptes moes van boutsnyers gebruik maak om toegang te bekom en die inhoud te verwyder. Rusa-lede en inwoners het emmers water gebruik om die vlamme te probeer blus.

Volgens Rusa is onwettige elektrisiteitsverbindings vermoedelik die oorsaak van die brand. Dit moet nog bevestig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

kommentaar ·

Jy weet Minnie jy is heeltemal reg, maar kom ons probeer onthou mense het die 5 goed wat hulle besit verloor

Amelia ·

Almal kry swaar nie net hul nie en as hul net 5 goed het seker nie een van ons se skuld nie maar kyk ook dan net hoeveel kidz is daar Wie dink jy betaal vir die onwettige krag almal wat wel virk rag betaal van hul kry krag vir so goedkoop (pop krag) maar nee onwettig e aansluit is mos verniet

Shakespeare ·

As jy wil vleis braai is Zuma se KZN die ideale plek. Vat net vleis saam want die vuur is klaar reg.

Di ·

Ons grootste probleem in die land is onwettige krag verbindings asook onwettige IMMIGRANTE. DAAROM sal beurtkrag NOOIT tot ‘n einde kom nie

Marthinus Johannes ·

My agterstewe se deksel dat hierdie ouens wat die verbindings doen, verkoop en beheer nie aangekeer word nie en die verbindings meer gereeld VERNIETIG word nie. Of is daar backhanders hier ook by betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.