Vrugtedief kom haar moses teë

(Foto: Drakenstein Farm Watch/Facebook)

ʼn Verandering in die benadering jeens onwettige vrugteverkopers, wat in die meeste gevalle gesteelde voorraad langs die pad verkoop, werp vrugte af in die Wes-Kaap.

“ʼn Plaaslike boer, wat soos talle ander deur vrugtediefstal en die verwoesting van boerderytoerusting en infrastruktuur geteister word, het die polisie ontbied toe ʼn berugte vrugtedief opgemerk is waar sy vrugte steel en dit ʼn paar minute later langs die pad wou verkoop,” sê Daan van Leeuwen Boomkamp, algemene bevelvoerder van die Drakenstein Farm Watch (DFW) se brand‑ en reddingspan.

Toe die vrou aangekeer is deur DFW en FADT AR-beamptes, het sy die diefstal en haar onwettige manier om al jare lank ʼn inkomste te verdien, erken.

“Die polisie is in kennis gestel vir ondersteuning, omdat ʼn saak aanhangig gemaak sou word. Ná ʼn uur was daar egter steeds geen reaksie van die polisie nie. Die DFW-beamptes het die Paarl DSSN-radiobeheerkamer gekontak en munisipale beamptes versoek om bystand te lewer.”

Die span het binne minute opgedaag en, aangesien munisipale wetgewing oortree is, is die vrou ʼn groot boete opgelê. Sy moet binnekort in die munisipale hof verskyn.

“Die pad vorentoe met onwettige vrugteverkopers en vrugtediewe vir die boeregemeenskap blyk deur munisipale wetstoepassing te wees,” sê Van Leeuwen Boomkamp. “Tot dusver het vrugtediefstal gedy, weens die afwesigheid van genoeg polisiesigbaarheid en dat dit nie tot enige suksesvolle inhegtenisnemings, boetes of tronkstraf gelei het nie. Nou is daar oënskynlik ʼn nuwe era met ʼn alternatiewe roete op die tafel. Ons sê dankie vir die DSSN-beheerkamer en die Drakenstein-munisipaliteit vir hul hulp om wet en orde in ʼn skynbaar wettelose omgewing te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is die toekoms van Suid-Afrika om misdaad te bekamp die polisie is in hulle huidige toestand net ‘n verleentheid en ‘n mors van belasting geld.

kommentaar ·

Dis fantasties en alles, maar wat is die kans dat die dame die boete gaan eerbiedig

Truman Burbank ·

Geen wonder ek kry beter vrugte by spaza winkels as by supermarkte. Hulle kry die uitvoer produkte voor dit uitgevoer kan raak.

Nommer 7 ·

Om SA se uitvoergehalte vrugte te geniet, moet jy of in Europa bly, of dit langs die pad koop.

Truman Burbank ·

Daarom het ek nie veel lojaliteit aan die boere ens nie. Want dit baat my as Suid Afrikaner niks

Yvonne ·

En die arme boere moet die spit delf…..armoede en werkloosheid is bitter…die wat werk het is ook nie tevrede en soek nog meer geld????

Truman Burbank ·

Dit is die enigste manier wat die publiek goeie kwaliteit kan kry. By spazas.

Johan ·

Ek wonder of die spaza ook die jaar ongeveer R60 000 gaan betaal vir een oudit wat gaan oor voedsel veiligheid. Die ouditeur gaan seker sy spuit rekords na om te sien of hy die weerhoudings periode van spuit na pluk volg. Dit is omdat sekere chemiese middels eers veilig is na ‘n gespesifiseerde periode. Die spaza gaan seker ook nog uitgawes aan om die chemiese oorskot op sy produkte te toets voor hy dit pluk. Sodat hy seker is sy produk is veilig vir menslike gebruik.

Dries ·

Wees versigtig vir die vrugte verkopers, Jy is n teiken vir roof van jou beursie.

Renier ·

wens die boete kon by die boer uitkom,sedert hy al jare lank vrugte aan die dief ‘verskaf’,

Truman Burbank ·

Waarom? Dink jy werklik die persoon het die hele oes geneem? Seker net n mandjie vol of selfs n paar mandjies.

Hannelie ·

Die Polisie kan maar hul deure sluit, die DFW is duidelik baie beter bevoeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.