Afrikaans verjaar: Wense uit Argentinië

Augusto Romeo (Foto verskaf)

Afrikaans het vir die eerste keer op 8 Mei 1925 sy status as amptelike taal in Suid-Afrika ontvang. In die aanloop tot volgende jaar se groot feesvieringe van die taal se 100ste verjaarsdag, het Augusto Romeo vir Maroela-lesers ʼn brief uit Argentinië gestuur.

 Augusto het aan die begin van 2020, en aan die begin van die wêreldwye Covid-19-pandemie, ʼn belangstelling gekweek in Afrikaans en die geskiedenis van Suid-Afrika. Sy brief word gepubliseer net soos hy dit aan ons gestuur het. Die brief is nie geredigeer of teksversorg nie. -Red

ʼn Gevoel uit die hart

Gedurende die jaar 2020 het die persone onderdompel in ʼn sekere angs en weemoed. Die covid 19 pandemie was besig om te gebeur. Dit het die meeste ontspanningaktiwiteite, soos sosiale interaksie beperk.

Dit is daar as ʼn geskiedenislief wat ek my verdiep het in die kuultur en geskiedenis van die Afrikaner volk.

Wat my die meeste beïndruk het, is die moeite en deursettingvermoë om hul wortels, hul taal (ongetwyfeld wat hul die meeste verteenwordig) te onderhou.

Eers het ek geheg gevoel aan gramatika en uitspraak, toe aan musiek.

Ek het uitendelik besluit om nog meer betrokke te raak by hul ryk geskiedenis.

Dit was moelik in my land om iemand te vind om my onderrig en voor te berei, natuurlik iewat verskillende kulture.

Op daardie manier, by die Germaanse taalinstituut het ek ʼn versoek gerig en uitendelik het ‘n Argentynse onderwyser, met Nederlandse wortels en vir 6 maande in Suid-Afrika gewoon het, aangebied om my meer te betrek.

Ek dink bowenal deiesettinsvermoë en idetifikasie met ʼn kultuur is wat ons baie daruit laat leer en dit is wat ek van die eerste oomblik af gevoel het.

Ná die didaktiese onderrig het ek voortgegaan met letterkunde.

Vandag raak ek opgewonde om boeke van Deon Meyer te lees soos Die vrou van die blou mantel en Wie met vuur Speel.

Hoe kan nie sidder met die stem van Karen Zoid of die Rock en die lierike van Francois Van Coke en Die Heuwel Fantasties nie?

Ook bly om uistekende filmografie te vind soos Arnold Vosloo se nuwe reeks Ludik.

Vandag is die pandemie verby, maar ek is steeds verbind deur ʼn pratige groep op sosiale media “Afrikaanssprekendes wat buite Suid-Afrika woon” en ek het besluit te neem aan ʼn kortverhaal voorleggingsgeleentheid wat in die digitale tydskrif Naskrif gepubliseer sal word.

Dit is vir dit alles dat as ek wel soveel vreugde voel omdat ek deel van hul kultuur wil wees, ek my voorstel hoe trots lesers moet wees om Afrikaans as hul moedertaal.

Gelukkige 99ste herdenking van Afrikaans as amptelike taal.

Lees Augusto se vorige skrywes op Maroela Media:

 

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Afrikaans, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Piet Snot ·

Augusto, namens my gesin aanvaar ek jou goeie wense.
Baie dankie!

George ·

Julle weet van waar kom die afrikaanse nedersettings in Arg.

Nettie ·

Sjoe. Hoendervleis mooi om van jou te lees en hoor. Dankie vir jou liefde, belangstelling en omgee in ons mense, kultuur en taal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.