Lesersbrief: ʼn Afrikaanse brief uit Argentinië

Augusto Romeo en Juliet (Foto verskaf)

Augusto Romeo woon in Argentinië. Hy het aan die begin van 2020, en aan die begin van die wêreldwye Covid-19-pandemie, ʼn belangstelling gekweek in Afrikaans en die geskiedenis van Suid-Afrika.

Hy het ʼn Afrikaanse brief aan sy vrou, Juliet, geskryf. Die brief word gepubliseer net soos hy dit aan ons gestuur het. Die brief is nie geredigeer of teksversorg nie:

My naam is Augusto en ek is Argentyns.

Hierdie brief is in ʼn pragtige taal vir ʼn mooi en wonderlik vrou.

Juliet maak my dat laat my wees ʼn persoon wat elke dag meer liefhet Afrikáans … amper soos lief ek vir haar is.

Sy doen my te voel dat ek loop in ʼn plek met die son en die horison terwyl stralend sonneblome toon aandadigheid met my gevoel.

Elke oggend, elke aand, haar gesig kyk my en vertel hoe reg dit is om haar te ontmoet en die geluk van het haar saam met my.

Dis ʼn passie te sterk soos hiervan groot volk. Juliet verstan nie Afrikáans nog nie maar dit is nie ʼn versperring om ons liefde in al sy vorme te wys.

Augusto verduidelik hy het aan die begin van 2020 die geskiedenis van die Voortrekkers gelees – oor die Eerste en Tweede Boererepubliek, die Slag van Bloedrivier en die Anglo-Boereoorlog. Hy het gelees oor Paul Kruger vir Transvaal en Martinus Steyn vir die Oranje-Vrystaat. Hy het gelees van Koos de la Rey, Christiaan de Wet en Andries Pretorius.

Hierna het hy meer geleer oor die grammatika en uitspraak van Afrikaans. “Die taal het sy krag, soveel sterk, sy baklei vir sy erkenning,” skryf hy verder.

In 2021 het hy iemand gesoek wat vir hom taallesse sou kon aanbied. “Niemand in Argentinië, maar wanneer ek het na de Germanic taal instituut geskrif, toe paar dae antwoord my ʼn persoon. Hy is ook Argentyns, sy pa is Nederlands en natuurlik praat hierdie taal baie goed vir dit.”

Augusto sê sy onderwyser het ses maande in Suid-Afrika gewoon en ingestem om hom te leer.

Hy skryf verder: “Ek hou van Afrikáans musiek, Karen Zoid in haar ewige stem. ‘Die heuwel fantasties’, Francois Van Coke.” Ek lees ook graag Afrikaanse boeke, veral Deon Meyer. “My eerste boek was Die vrou in die blou mantel en nou het ek Wie met vuur speel gekoop.”

Hy is boonop ook besig om die nuwe reeks, Ludik, van Arnold Vosloo te kyk. Hy sê Arnold is ʼn baie goeie akteur en hy geniet die reeks.

“My Juliet, my egpaar … sy is ook Argentyns. Ek hou van deel met haar my passies en liefhet. Ons is lief vir mekaar. Sy is baie belangrik om my vreugde te gee en vir ondersteuning in my vordering by hierdie pragtige taal.”

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Afrikaans, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Pragtig Augusto! Jy en Juliet moet gaan kuier in Commodore Rividavia. ‘n Hele paar Afrikaners het in 1901 daar gaan woon. Daar is nog Afrikaner-Argentyne daar wat ‘n bietjie Afrikaans kan praat.

Groen Ghoen ·

Stuur asb. aan vir die University of Stellenbushes, vir Prof. Bewimpel de Villiers.

Patch ·

Hierdie laat my Afrikaner-hart sommer warm klop. Welgedaan Augusto!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.