Vyf gelukkige gesinne staan elkeen die kans om kaartjies vir Jacaranda Day 2023 te wen.
Alles vir Maandag 24 Julie 2023
Pretorius-standbeelde kry nuwe baadjies
Die restourasie van Andries Pretorius en MW Pretorius se standbeelde in Pretoria is Sondag op die herdenking van Andries Pretorius se sterfdag onthul.
Vermeende dwelmsmous dood ná TV-program se besoek
“Hulle het toe ’n plastieksak om sy kop gesit en hom met pepersproei gespuit voordat hulle hom versmoor het.”
Blou Twitter-voëltjie se gesang nou uit
Twitter se webwerf het reeds van Maandagoggend af ’n wit X op ’n swart agtergrond as dié sosialemediaplatform se nuwe handelsmerk.
Instandhouding van SA infrastruktuur moet beter – Ramaphosa
“Hoewel baie dele van die land steeds swak dienslewering ondervind, het Suid-Afrika ʼn goeie kernnetwerk van openbare infrastruktuur wat die lewens van ons burgers kan verbeter.”
Luister: Sanger, skrywer Tobi Jooste maak nou heerlike kortpadkos
“Ek het grootgeword onder my ma en ouma se invloed, wat ons altyd toegelaat het om in die kombuis te help.”
Meder trots op haar rekordtyd in Japan
Rebecca Meder het haar eie Suid-Afrikaanse rekord in die 200 m-wisselslagitem by die Wêreldkampioenskap in Japan verbeter.
Man wat tuinwerk doen, sterf toe kar deur tuin ploeg
: Volgens die bestuurder van die motor het sy haar bewussyn verloor en beheer oor die motor verloor.
Duisende kry infeksie in Gautengse hospitale
Daar blyk daar ’n skerp styging in hospitaal-infeksies te wees aangesien daar slegs 975 sulke infeksies in 2014 aangemeld is, in vergelyking met die 7 457 pasiënte wat verlede jaar infeksies opgedoen het.
Bid saam vir Christene in Afrika
“Ons wil by Christene in Afrika suid van die Sahara staan om hulle daaraan te herinner dat hulle nie vergete is nie. Hulle veerkragtigheid vir Jesus is vir ons ʼn baken van lig is en dit maak saak.”
Skryf oor jou gemeenskap en maak ʼn verskil
Ons maak jou touwys om vir jou gemeenskapskoerant, skoolkoerant, gemeente se nuusbrief of jou plaaslike radiostasie te skryf oor die dinge wat vir jou gemeenskap saak maak.
Dickason-verhoor: Websoektogte oor oordosis vir kinders
Die jurie het Maandag in die hooggeregshof in Christchurch, waar Lauren Dickason se verhoor plaasvind, gesien wat haar internetsoektogte was kort voordat sy besluit het om haar drie dogtertjies met kabelbinders en daarna met hul kombersies te versmoor.
Boek van die maand: Onder ʼn bloedrooi hemel – Liefde en geweld in Suid-Afrika
Annemarié van Niekerk gee “liefde en geweld” as sleutel in die subtitel. Sy skryf dus nie net oor geweld nie, maar oor die verstrengeling van liefde en geweld, soos sy dit eerstehands ervaar het. Wat die boek inderdaad ʼn brawe stuk werk maak, meen Johan Myburg.
Duisende toeriste vlug voor brande in Griekeland
Die brande in Rhodos het in die spitstyd van die toerismeseisoen uitgebreek, wat die land se grootste ontruiming weens veldbrande nóg veroorsaak het.
Babanuus vir ‘Hartklop’-aktrise
“Harper se boeke is altyd vol verrassings,” lui die inskrywing.
Pravin se pos ‘veilig’
Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal, het Saterdag in ʼn toespraak gesê Pravin Gordhan moet vinniger werk om oplossings vir die land se spoorwegstelsel te vind.
Sepiegids: Orpa bly onmin saai in ‘Suidooster’
In “Diepe waters” vind Sanet troos by Rossouw en Wim, en in “Arendsvlei” maak Abigail die lewe vir Beatrice moeilik.
Woord: proes
“Die hele groep het geproes van die lag.” Taaltoffie ondersoek die betekenis en herkoms van die woord “proes”.
Reën kelder Engeland se As-planne
“Op die ou einde kon ons uiteindelik nie veel meer doen nie: Ons het hulle uitgeboul en toe 592 lopies teen amper ses lopies per boulbeurt aangeteken.”
Hoe bou ’n mens jou immuniteit?
Toegegee, vitamines is belangrik vir ʼn gesonde immuniteit, maar om slegs te fokus op aanvullings, is soos om jou motorenjin vol olie te hou terwyl die res agterweë gelaat word.