Wen: Sterbelaaide Jacaranda Day hoogtepunt op musiekfeeskalender

Meer as tien van die land se beste kunstenaars gaan die Jakarandastad behoorlik aan’t sing en dans kry tydens Jacaranda Day 2023, wat op 12 Augustus by die Idle Wild-landgoed in Centurion plaasvind.

Dié musiekfees, aangebied deur Jacaranda FM in samewerking met Huawei, beloof heerlike buitelug-gesinspret deur kunstenaars soos Demi Lee Moore, Matthew Mole, Refentse, Early B, Prime Circle, Karlien van Jaarsveld en vele meer.

Jacaranda FM se eie Rob Forbes, mede-aanbieder van The Drive with Rob and Roz, gaan sy lyf ook platejoggie hou.

Dit is die eerste keer in vyf jaar wat dié fees weer aangebied kan word.

“Wat ’n geleentheid om na uit te sien. Hierdie is ʼn saamwerkgeleentheid en nie net ʼn blote borgskap nie. ’n Kragtige kommunikasietegnologie-handelsmerk soos Huawei wat saamwerk met ‘n radiostasie so geliefd soos Jacaranda FM, gaan die barometer stel vir gesinsvriendelike musiekgeleenthede in Gauteng,” meen Deirdre King, besturende direkteur van Jacaranda FM.

“Hierdie nuwe samewerking met Jacaranda FM beklemtoon hoe tegnologie en musiek mense verbind. Musiek is ’n baie belangrike deel van ons alledaagse lewe. Ons is opgewonde om saam met Jacaranda FM te werk en sien daarna uit om hierdie geleentheid met ons verbruikers te deel,” het Jun Sun, hoofbestuurder van die Huawei Consumer Business Group Suid-Afrika, gesê.

Wen

Vyf gelukkige gesinne (van vier lede elk) staan die kans om kaartjies vir Jacaranda Day 2023 te wen. Die kompetisie sluit Sondag 30 Julie om 23:45 en die wenners sal per e-pos of telefonies in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Die kompetisie sluit Sondag 30 Julie om 23:45.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die prys sluit slegs toegang na die fees in. Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.
  • Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.