Soorte resepte:

Resep: Vinnige sampioenspaghetti

Vinnige sampioenspaghetti (Foto: Lapa Uitgewers)

Smul aan dié vinnige dis.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 500 g (1 pak) spaghetti

Sampioensous

  • 10 ml (2 t) olie
  • 1 ui, gekap
  • knypie gedroogde origanum
  • 500 g (2 x 250 g-pakkies) sampioene, in skyfies gesny
  • 55 g (1 pakkie) sampioenroomsoppoeier
  • 250 ml (1 k) afgeroomde melk
  • 187 ml (¾ k) witwyn
  • 250 ml (1 k) room
  • 1 ml sout
  • knypie swartpeper

Metode

  1. Kook die pasta tot net gaar (al dente) in borrelende water waarby olie en sout gevoeg is. Dreineer dit en roer ʼn bietjie olie deur sodat dit nie aan mekaar kleef nie.
  2. Verhit ʼn bietjie olie en soteer die ui en origanum tot die ui sag is. Voeg die sampioene by en soteer dit tot amper sag.
  3. Meng die soppoeier met ʼn bietjie van die melk tot glad. Voeg dit by die sampioene.
  4. Kook dit tot die sous begin verdik. Roer dit heeltyd om klonte en aanbrand te voorkom.
  5. Roer die witwyn en room by en laat prut dit oor matige hitte tot deurwarm. Geur dit met sout en peper.
  6. Sit die sous dadelik saam met die spaghetti voor.

Bron: Beste uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.