Sepiegids: Orpa bly onmin saai in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Orpa (Marisa Drummond) saai steeds onmin in ‘Suidooster’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

  • Weens die onvoorsiene omstandighede rondom akteur Bradley Olivier se afsterwe, is vandeesweek se sepiegids vir Binnelanders ongelukkig nie beskikbaar nie.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 24 Julie

Orpa bly onmin saai tussen die Ruiterboschers, en hierdie keer loop Danni die ergste deur. Saskia se verwagtinge word oortref. Almal se pogings om Rita van haarself te red, eindig katastrofies.

Dinsdag 25 Julie

Angie is opgewonde oor Saskia se groot dag, terwyl Aiden vir Danni met sjokolade verras. Bridgette pleit om haar lewe.

Woensdag 26 Julie

Angie is bekommerd omdat Saskia haar foonnommer geblok het. Siya sien iets wat hom laat wonder en konfronteer Orpa daaroor. Bridgette probeer tot verhaal kom, maar alles kan dalk nog erger word.

Donderdag 27 Julie

Kate vervies haar verder vir Aiden, terwyl Siya in die Blignauts se verlede krap. Die hele Ruiterbosch is op soek na Bridgette.

Vrydag 28 Julie

Ruiterbosch is in skok en Orpa verklaar iets ’n wonderwerk. Tim vind uit daar is met Rita se medikasie gepeuter, en dan begin ʼn benoude kat benoude spronge maak.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 24 Julie

Meghan verstom al die Swartse met ʼn voorstel. Karla en Arno neem ʼn besluit oor hulle verhouding. Sanet vind troos by Rossouw en by Wim.

Dinsdag 25 Julie

Karla worstel met die werklikheid van haar besluit, en die spanning begin sy tol te eis wanneer almal op soek is na Karla. ʼn Bekende gesig verbaas Lettie by die klub.

Woensdag 26 Julie

Die Swartse soek hulp by Zelda, terwyl Karla hulp kry om op die plaas aan te pas. Bybie spreek vreemde gedrag aan. Meghan en Jacques gryp ʼn geleentheid aan.

Donderdag 27 Julie

Lettie moet “slegte” nuus met Kurt deel. Sanet is paniekbevange dat Arno vir Karla gaan blootstel aan slegte gewoontes en nog slegter karakters.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 24 Julie

Rachel red Bompie van Desmond se woede. Lionel probeer Thys kry om vir hom geld vir die motorfiets te leen. Ayesha het troukoors. Beatrice ontvang ’n besoek van ʼn onverwagte gas.

Dinsdag 25 Julie

Abigail maak die lewe vir Beatrice moeilik. Lionel kry uiteindelik die geld vir sy motorfiets. Bompie trek by Rachel en Adam in. Lennie en Daniel is raadop met Langes se reëls en regulasies.

Woensdag 26 Julie

Bompie word Rachel se voorgeboortelike klasmaat. Abigail se ongeskikte gedrag ontstel Thys en Bianca. Desmond is buite homself wanneer Bompie vir aandete saam met Rachel en Adam opdaag.

Donderdag 27 Julie

Rachel oorreed Desmond om met Bompie te praat, nadat sy kamtige krampe vanweë stres begin kry. Ayesha speel oop kaarte met Langes. Bompie red Desmond se lewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Estelle ·

Ek is doodseker die Moslem gelowiges sou dit nie toegelaat het dat Orpa so met hulle geloof spot nie.

Vinny ·

Ja ek dink ook daar is nou genoeg ge Orpa, dit raak erg irriterend amper ‘n bespotting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.