Pravin se pos ‘veilig’

Pravin Gordhan. [Foto: Jairus Mmutle/GCIS]

Fikile Mbalula het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gewaarsku om vinniger te werk om probleme by Transnet uit te stryk – of hy kan dalk net sy werk kwyt wees.

Tydens Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, se toespraak Saterdag by die ANC-vroueliga se nasionale verkiesingskonferensie in Johannesburg, het hy aan afgevaardigdes gesê die party verwag van ministers en premiers om te presteer.

Hy het Gordhan uitgesonder en gesê hy moet vinniger werk om die probleme wat die land se spoorwegstelsel teister, reg te stel – en gesê indien hy dit nie doen nie, sal hy uit sy pos verwyder word.

“Kameraad Pravin, beweeg vinniger – anders verwyder ons jou,” het Mbalula gesê.

Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC [Foto:
ANC SECRETARY GENERAL | Cde Mbalu/Twitter)

In ʼn verklaring wat Mbalula na afloop van die toespraak uitgereik het, het hy gesê hy het nie in sy toespraak gevra dat Gordhan verwyder moet word nie.

“Dit was slegs ʼn duidelike oproep om beleidsintervensies te versnel om die land se spoor- en vraglogistieke uitdagings te pak,” sê Mbalula.

“Die party het nie die luuksheid van tyd nie en moet vinnig beweeg om uitdagings op te los wat die inkomste van Suid-Afrikaners bedreig.”

Mahlengi Bhengu-Motsiri, woordvoerder van die ANC, het daarna gesê die minister van openbare ondernemings – Gordhan – kan nie alleen oplossings vir die land spoorvervoerstelsel verskaf nie.

“ʼn Wekroep op die minister om beleidsingrypings te versnel om ons spoor- en vraglogisitiek te pak, is nie ʼn oproep vir sy verwydering nie,” het Bhengu-Motsiri gesê.

Mbalula, ook ʼn voormalige minister van vervoer, het die skuld vir die hoë sterftesyfer op die land se paaie gepak op die toenemende teenwoordigheid van vragmotors op die paaie wat goedere vervoer wat per spoor vervoer kan word.

“Mense sterf weens die aantal vragmotors op die paaie. Vragmotors moet van die pad af kom en goedere moet per spoor vervoer word.”

Gordhan het onlangs aangekondig dat ʼn nuwe raad by Transnet aangestel is om die sukkelende staatsonderneming om te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kobus ·

Natuurlik is sy pos veilig. Hoe minder suksesvol is in jou amp hoe meer verseker is jy van jou pos. Kan nie een afdeling sien waarin hy suksesvol was nie.

Suzette ·

Ja en die een wat hom aanspreek is self skuldig en doen beslis nie veel beter nie! Wat ‘n sirkus!

Tricea ·

Dis reg, dreig mekaar en haal mekaar uit. Nou kan ons koffie in die hand in ‘n gemakstoel sit en na die movie kyk wat ons politiek is!

JohanR ·

Ek het nie geweet Fikile Mbalulu kan huur en afdank? Kan hy dan nie begin by Bheki Cele? Miskien kan hy die volgende kabinet kies? Hy kan nie slegter as Cyril doen nie.

SwartBees ·

Maak nie saak wie watse pos beklee nie, dis net n geraas sonder resultate.

annie ·

Gordhan het De Ruyter ondermyn. Nou kla hy. Hy is sedert Zuma se tyd al in die kabinet en wat het hy al bereik? Hy het wel duisende werkers by Eskom aangestel. Cyril sal hom vir ewig hou omdat hy hom ondrsteun het in die Phala-krisis.

Lee T ·

Indien, soos Mbalula voorstel, ‘n minister wie nie sy werk doen nie, sy werk kwyt gaan wees, gaan niemand in die parlement oorbly nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.