Span jou lugbraaier in om ʼn vinnige melktert te maak.
Alles vir Maandag 24 Julie 2023
Leer dié lesse uit ombudsman se klagtelêer
Die primêre doel van die Kredietombudsman is om geskille tussen kredietverbruikers en kredietverskaffers effektief op te los. Ina Opperman het gaan kyk watter lesse verbruikers kan leer uit die ombudsman se saaklêer wat ingesluit is in sy jaarverslag wat onlangs vrygestel is.
Resep: Lamskerrie vir die fynproewer
Jou gesin sal gaande oor dié kerriegereg wees.
Vingegaard wil weer wen ná Tour de France-triomf
“Ek sal graag wil terugkom en probeer om met ’n soortgelyke vertoning vorendag te kom.”
‘Barbenheimer’-rolprentnaweek: Talle stroom na rolprentteaters
Saam het die twee rolprente massiewe skares na rolprentteaters gelok, wat die prentjie vir die bedryf – wat swaar deur die pandemie en die koms van stromingsdienste getref is – veel beter laat lyk.
‘Blouligboelies’ vandag in hof
“Die blouligboelies moet soos alle ander gewelddadige misdadigers behandel word ná hierdie gewelddadige aanval wat nie uitgelok is nie. Die strafregstelsel moet sy pligte sonder vrees uitvoer.”
Britse Ope – Harman wil nou gaan gras sny
Die 36-jarige Amerikaner Brian Harman se voete is steeds plat op die aarde ondanks sy sege van ses houe in Sondag se Britse Ope-gholftoernooi op Royal Liverpool.
Strafregtelike klagte kom teen Cele, Masemola
“As leiers van die SAPD het Cele en Masemola bewustelik toegelaat dat hierdie kriminele oortreding plaasvind.”
Twee vas ná moord op polisieman
’n Groep polisiebeamptes het Vrydag op ’n sakeroof in die nedersetting gereageer toe die 32-jarige konst. Siyabonga Thango noodlottig gewond is.
Gedagte vir die dag: Die Wit Duif daal neer
Terwyl Jesus staan en bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos ’n duif op Hom neergedaal. Daar was ook ’n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.” (Lukas 3:21-22)