Soorte resepte:

Resep-video: Melktert in jou lugbraaier

Melktert in jou lugbraaier. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Span jou lugbraaier in om ʼn vinnige melktert te maak. In ʼn japtrap sal jy en jou gaste aan dié heerlike, eg Suid-Afrikaanse gereg smul.

Bestanddele

  • 600 ml volroom melk
  • 2 kaneelstokkies
  • 78 g strooisuiker
  • ¼ k koekmeel
  • 4 t mielieblom (Maizena)
  • knippie sout
  • 24 ml botter
  • 3 eiers, geklits
  • 5 ml vanieljegeursel
  • fyn kaneel
  • 1 rol broskorsdeeg (shortcrust pastry)

Metode

  1. Spuit ʼn oondbak met kleefwerende kossproei. Maak net seker dat die bak in jou lugbraaier pas – ons gebruik sommer klein tertbakkies.
  2. Rol die deeg uit op ʼn meelbestrooide oppervlak sodat dit bietjie dunner is, en sny dit om in die pan te pas.
  3. Steek die bodem van die deeg liggies met ʼn vurk en plaas dit in die yskas vir sowat 30 minute.
  4. Voorverhit die lugbraaier tot 160 °C.
  5. Plaas die pan met die deeg in die lugbraaier en bak vir sowat 15-20 minute of tot ligbruin en haal uit die lugbraaier.
  6. Meng die suiker, meel, mielieblom en sout saam en plaas eenkant.
  7. Kook die melk met die kaneelstokkies in die mikrogolfoond vir sowat 5 minute.
  8. Gooi die meelmengsel by die melk terwyl jy dit klits om te voorkom dat klonte vorm.
  9. Laat dit weer kook in die mikrogolf en roer dit gereeld totdat die mengsel dik geword het.
  10. Verwyder die kaneelstokkie en gooi die botter, eiers en vanieljegeursel by en meng weer goed.
  11. Gooi die mengsel in die pan met die kors en bak dit in die lugbraaier vir 25-30 minute of tot die vulsel gestol het.
  12. Laat dit afkoel en stoor dit voor in die yskas.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Wondermaarnet

Baie dankie vir jou navraag!
Ja, die mengsel word weer saam met die kors teen 160 °C in jou lugbraaier gebak.
Laat weet ons gerus van jou resultate as jy die resep self uitgetoets het.

Groetnis, Esté Meyer Jansen
namens Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.