Strafregtelike klagte kom teen Cele, Masemola

(Foto: Janice du Plessis/ Maroela Media)

Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie, sê hy gaan ʼn strafregtelike klagte teen Bheki Cele, minister van polisie, en Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, lê.

Die aanklagte hou verband met die onwettige besit van spioenasietoerusting, bekend as ʼn meeluisterapparaat, deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Cele het onlangs erken dat die SAPD die meeluisterapparaat onwettig aangekoop het sonder om die vereiste sertifikaat van vrystelling – kragtens die Wet op die Regulering van Onderskepping van Kommunikasie en Verskaffing van Kommunikasieverwante Inligting (Rica) – van die minister van justisie te verkry.

“Die besit van sodanige toerusting sonder ’n geldige vrystellingsertifikaat is ’n kriminele oortreding, soos die minister van justisie self bevestig het,” sê Whitfield.

Volgens die Rica-wet is die besit, verkoop, aankoop of advertering van toerusting soos ‘n meeluisterapparaat streng verbode.

“As leiers van die SAPD het Cele en Masemola bewustelik toegelaat dat hierdie kriminele oortreding plaasvind.

“Dit ondermyn die oppergesag van die gereg en bring die reg op privaatheid van elke Suid-Afrikaner in gedrang,” sê Whitfield.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Stofdonkie ·

Ek kyk, ek sien niks. Zuma baljaar nog baie gemaklik oral rond, is hoeka nou weer op ‘n uitstappie in Rusland. Hy word nie eerns in die land gehou nie, wat nog van in gevangenis?

trotsNAMSA ·

Vir jare en jare (ook voor 1994) is daar van enige moontlike aparaat gebruik gemaak om op SA’ners te spioeneer.
Wat is die verskil nou ? Gedink ons het privaatheid en kan beweeg waar ons
wil ! Dink aan al die private kameras e.a. wat jou volg.

skurweberg ·

Al wen die DA die saak, sal die uwe met ‘n glimlag gaan. Hy het genoeg oor jare bymekaar gemaak om as ‘n baie rykman af te tree. Daar sal niks op beslag gelê kan word nie

Sê maar net ·

Baie bly hieroor. Maar as dit by hofsake kom, gaan hulle seker slegs oor die vingers getik word, met ‘n waarskuwing. C en R is “joined at the hip”….geen gevolge vir korrupsie.

Danie ·

Wonder wat n hof van die onregmatigheid sal se.?? Maar ek stem die regering kop in een mus met versuim om hofbevele na te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.