Twee vas ná moord op polisieman

Konst. Siyabonga Thango (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n polisiekonstabel in Vosloorus, Gauteng.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het ’n groep polisiebeamptes Vrydag op ’n sakeroof in die nedersetting gereageer toe die 32-jarige konst. Siyabonga Thango noodlottig gewond is.

“Die ondersoekspan het al sy hulpbronne gemobiliseer om die konstabel se vermeende moordenaars vas te trek,” bevestig Mathe.

Die span het Sondag inligting opgevolg oor waar die verdagtes hulself bevind. ’n Skietgeveg het tussen die polisie en die verdagtes gevolg.

“Twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 29 jaar oud, is in hegtenis geneem en drie vuurwapens is gekonfiskeer.”

Die 27-jarige verdagte is tydens die skietery gewond en het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het die spoedige inhegtenisnemings verwelkom.

“Diegene wat vir die aanvalle en moorde op polisiebeamptes verantwoordelik is, moet die maksimum tronkstraf kry, want dit is ook ’n aanval op die gesag van die staat,” sê Masemola.

Masemola het sy medelye met Thango se vriende en familie betuig.

Thango was vyf jaar aan die polisiediens verbonde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Waarnemer ·

En diectalle plaasmoorde?Wanneer gaan did polisie dit as prioriteits misdaad beskou?
En is die didfstal en bedrog van kzaders in ffis parlemeng…is dit nie ook n aanval teen fid staat nie?

Skappie ·

Sterkte aan sy gesin en almal wat hom geken het. Mag onse liewe Heer julle deur hierdie moeilike tyd dra wat vir julle voorle.

trotsNAMSA ·

RIV, Konstabel Thango. Dankie aan die Ondersoekspan vir julle opsporing en arrestasie van verdagtes. Nog ‘n jong SAPD lid het sy lede vir die land opgeoffer. :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.