‘Barbenheimer’-rolprentnaweek: Talle stroom na rolprentteaters

(Foto: Facebook/Jello reviews)

Het rolprente – en rolprentteaters – uiteindelik hul terugkeer na die pandemie gemaak?

Met talle pienkgeklede fliekgangers wat oor die afgelope naweek teaters oorgeneem het om Warner Bros. se Barbie eerstehands te ervaar, het die pienk ontploffing die Noord-Amerikaanse loket Oppenheimer in sy debuutnaweek die loef afgesteek toe Barbie $155 miljoen (byna R3 miljard) ingesamel het – meer as dubbel die bedrag van sy mededinger.

Volgens syfers van Exhibitor Relations het die ander helfte van die langverwagte “Barbenheimer”-rolprentnaweek  – waartydens Universal se baie donkerder biografie Oppenheimer op dieselfde dag vrygestel is – ook die yslike bedrag van $80,5 miljoen (ongeveer R1,4 miljard) ingebring.

Die toevallige vrystelling van die twee uiteenlopende films op dieselfde dag – waarvoor talle al lank wag –  het ’n popkultuurverskynsel geskep wat die individuele bemarking vir elkeen oortref het.

(Foto: Verskaf)

Saam het die twee rolprente massiewe skares na rolprentteaters gelok, wat die prentjie vir die bedryf – wat swaar deur die pandemie en die koms van stromingsdienste getref is – veel beter laat lyk.

“Die snaakse deel van Barbenheimer is dat daar nie twee rolprente is wat meer van mekaar kan verskil nie,” sê David A Gross van Entertainment Research.

“Die rolprentbedryf het ’n baie gesonde rekord vir die akkommodering van twee groot rolprente, en die mense stroom in wanneer rolprente vertoon word wat op almal se lippe is.”

Gross sê die eerste vertoning van Barbie het “rekords versplinter”.

“Geen komiese rolprent van enige aard het al meer as $85,9 miljoen oor ’n naweek van drie dae ingebring nie.”

Barbie het ’n rolprent geword wat sy tydgees perfek vasvang. Dit lyk of dit ’n snaar aanraak.”

Oppenheimer het ook  ʼn ‘uitmuntende opening’ gehad,” sê Gross.

Volgens ramings in die bedryf het sowat 200 000 mense kaartjies vir albei rolprente op dieselfde dag gekoop.

(Foto: Chris Delmas/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Eugene ·

Dit is opmerklik dat die onthullings film Sound Of Freedom nie hier genoem word nie. n Mens wonder hoekom nie.

A ·

Sound of Freedom is al ‘n maand uit en het $100 miljoen gemaak.

Barbie het $150 miljoen in ‘n naweek gemaak.

En Oppenheimer het $235 miljoen.

Selfs Taken in 2008 het $226 miljoen gemaak, en dit het dieselfde temas as Sound of Freedom.

Kenny ·

Watse ‘onthullings’????? Die fliek behels ‘n klomp onbewysde fabels. Die film word nie genoem net want dit het net $18 mijoen gemaak in sy openingsnaweek. Die bogenoemde films het saam oor $230 miljoen gemaak. Die die $210 miljoen verskil is dalk omdat dit nie genoem word nie.

Jean ·

Sound of Freedom het 14.5 Miljoen gekos om te maak, Barbie 145 Miljoen. Jy kan maar besluit watse ene het die beste gedoen. En Barbie word in 6000 teaters gewys, Sound of Freedom seker nie eers in 600 nie.

isabelle ·

baie oulik! dis net ongelooflik duur om vandag te gaan fliek ….ek voel dis bietjie ”over priced” verlaag die pryse en sien hoe sal die mense in stroom

SwartBees ·

As jy n fibre lyn het, dowload die movie en kyk hom in die gemak van jou sitkamer.

Trotse Boervrou ·

Gaan lees asb wat hierdie sogenaamde Barbie rolprent behels. Daar is ‘n 13 jaar ouderdomsbeperking. Ek sal my kleinkinders NOOIT na hierdie fliek laat kyk nie. Dit is teen my Christelike beginsels.

Charles ·

Die Bybel is R rated. Tóg laat ouers hul kinders dit lees so veel as moontlik.

Trotse Boervrou ·

My kinders eer hul ouers. Dus het hul ook geleer om hul verstand te gebruik.

Truman Burbank ·

Hul eie verstand. Nie joune nie. Nie dat ek die fliek sal gaan kyk nie. Ek dink alle flieks is pot strooi. Maar het as kind en jongmens my animasies baie geniet.

melaney ·

Totaal en al “woke” en teen my christelike beginsels. Beslis ‘n “NEE DANKIE”

Charles ·

Om enige fliek deesdae te kyk sit mens in gedrang om IK punte te verloor met rasse skrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.