“As die minister en polisiekommissaris dink dat die openbare belang in hierdie saak, soos in baie ander waarby korrupte polisiebeamptes betrokke is, uiteindelik ʼn stille dood sal sterf, maak hulle ʼn fout; ons sal nie stilbly nie.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Bloulig-aanranding"
Eis van R1,15 miljoen kom ná bloulig-aanranding
Altesaam 13 000 siviele eise is in die 2021-’22-boekjaar teen die polisie ingedien.
50% van motoriste omkoopgeld gevra – peiling
Minder as 5% van motoriste voel hulle kan lede van die Suid-Afrikaanse polisie vertrou wanneer hulle van die pad afgetrek word.
Mashatile: Blouligkonvooi ‘stop vir niks, nie eens rooi verkeerslig’
Die adjunkpresident het vandeesweek vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord en mense onder meer gevra om die bevindings van instellings soos die Reserwebank en Openbare Beskermer te respekteer en te aanvaar – selfs al stem hulle nie daarmee saam nie.
Mashatile wél in konvooi, maar ‘nie op misdaadtoneel’
Die voorval waarby lede van adj.pres. Paul Mashatile se presidensiële beskermingspan betrokke was, is eers ná sy tuiskoms onder sy aandag gebring, het die minister van polisie aan LP’s gesê.
Blouligbrigade: SA moet weet watter polisielid het wát gedoen
“Suid-Afrika het gesien dat te veel ‘oop en toe’-sake in duie stort of ten gunste van die beskuldigdes beslis word weens die swak werk van die staat. Ons hoop nie dat hierdie saak in dieselfde rigting sal loop nie.”
Blouligbrigade: Staat glo suksesvolle vervolging sal geskied
“Ons het besluit om die saak op die hofrol te plaas weens die bewyse wat die staat reeds in die dossier bymekaar gemaak het. En op grond daarvan glo ek die staat het ’n sterk saak wat tot die suksesvolle vervolging van die beskuldigdes sal lei.”
Borgtog vir agt blouligbeamptes
“Dit sal nie in die belang van geregtigheid wees om die beskuldigdes in aanhouding te hou nie.”
Blouligbrigade: Staat sê hy het sterk saak
“In die beeldmateriaal, kan die agt beskuldigdes gesien word en hul betrokkenheid, op grond van die video, sal nie in die verhoor betwis kan word nie. Dit is in die video duidelik dat daar geen ander persoon op die toneel was nie, behalwe die agt beskuldigdes en drie insittendes uit ʼn Volkswagen Polo (die klaers).”
Borgtog vir blouligbeamptes ‘in belang van geregtigheid’
Die agt lede van adjunkpres. Paul Mashatile se presidensiële beskermingspan ontken dat hulle ’n doodsdreigement aan die lid van die publiek gestuur het wat die video van die N1-voorval op sosialemediaplatforms gedeel het.
Borgtogaansoeke vir bloulig-aanranding begin
Die geskorste beamptes het in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding, kwaadwillige saakbeskadiging, die afvuur van ʼn vuurwapen en nog nege ander aanklagte wat vanoggend bygevoeg is.
‘Blouligboelies’ vandag in hof
“Die blouligboelies moet soos alle ander gewelddadige misdadigers behandel word ná hierdie gewelddadige aanval wat nie uitgelok is nie. Die strafregstelsel moet sy pligte sonder vrees uitvoer.”
‘Bloulig-boelies’ vanaand nog agter tralies
Die agt geskorste polisiebeamptes is aangesê om Sondag by die Sandton-polisiestasie aan te meld waar hulle formeel aangekla sal word.
Aansoek om deursigtigheid ná bloulig-aanranding
Action Society wil seker maak dat daar oop kaarte gespeel word aangesien die agt lede van die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid wat verbind word met die beweerde aanranding van drie motoriste op die N1-snelweg nog nie eens in hegtenis geneem is nie.
Al agt geskors ná bloulig-voorval
ʼn Storm het verlede week losgebars nadat ʼn video van die beweerde aanranding deur die polisielede – almal lede van adjunkpres. Paul Mashatile se presidensiële beskermingseenheid – op sosiale media die lig gesien het.
‘Doodsdreigemente’ ná bloulig-voorval
Die persoon het boodskappe gekry dat hy “vyande gemaak het” en dat daar met hom “afgereken sal word”.
Bloulig-voorval: Slagoffers glo tot stilswye gedreig
Die slagoffers is glo opdrag gegee om nie met die media te praat nie.
‘Blouligboelies’: Agt ontvang skorsingsbriewe
Die polisiebeamptes in die video is ook sedertdien uit hul poste onttrek en sal kantoorgebonde wees hangende die uitkoms van ʼn dissiplinêre ondersoek.
Bloulig-aanval: ‘Hulle het vir hul lewens gevrees’
“Hy is met ’n aanvalsgeweer oor die kop geslaan en toe herhaaldelik teen die kop geskop terwyl hy reeds bewusteloos was van die eerste houe.”
Nóg slagoffers van blouligbrigades gesoek
Rise Mzansi het Woensdag ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen wat ook ’n stel met die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid afgetrap het om met hul nare ervarings na vore te kom.