Al agt geskors ná bloulig-voorval

Skermgreep uit die video op Twitter.

Al agt lede van die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid wat verbind word met die beweerde aanranding van drie motoriste op die N1-snelweg, is Maandag geskors vir hul beweerde aandeel in die voorval.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het dié nuus Maandagaand aangekondig.

Dié polisiebeamptes het verlede week reeds briewe van moontlike skorsing ontvang. Elkeen is sewe dae gegun om vertoë te lewer met redes waarom hulle nie geskors moes word nie.

Die polisie het egter nie meer inligting rakende hul eindelike skorsing bekend gemaak nie.

“Die SAPD wil nie die saak verder bespreek nie,” het brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, vanaand gesê.

ʼn Storm het verlede week losgebars nadat ʼn video van die beweerde aanranding deur die polisielede – almal lede van adjunkpres. Paul Mashatile se presidensiële beskermingseenheid – op sosiale media die lig gesien het.

Daar kan in die video van die voorval gesien word hoe beamptes van die polisie se BBP-beskermingsdienste drie insittendes uit ʼn Volkswagen Polo langs die snelweg pluk voordat dié mans herhaaldelik geskop word. Die polisiebeamptes spring dan terug in hul BMW’s en jaag weg.

Maroela Media het vroeër berig die slagoffers in die video is glo almal lede van die weermag.

Die slagoffers was glo van Johannesburg na Pretoria onderweg toe ʼn swart sportnutsvoertuig langs hul verskyn en een van die insittendes van dié voertuig glo ʼn vuurwapen op hulle gerig het. Die slagoffers se voertuig is kort daarna deur nog sportnutsvoertuie omring en langs die N1-hoofweg tot stilstand gedwing.

Daar word beweer dat die beamptes glo probeer het om die slagoffers se voertuig se voor- en agterruit te breek voor die beweerde aanranding.

Ian Cameron van Action Society sê die feit dat hierdie beamptes nog nie in hegtenis geneem is nie, is onaanvaarbaar.

“Hierdie BBP-polisielede ontvang BBP-behandeling. Hulle is misdadigers. Hulle moet in hegtenis geneem en vervolg word vir poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, intimidasie, die rig van ’n vuurwapen en beskadiging van eiendom,” meen Cameron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

André ·

Moet ons bly wees dat hulle nie opgeskort met vol salaris gekry het nie? Hoe kan die wet toegepas word as meeste wat in beheer is, in ‘n kriminele ondersoek is?

Jannie van Niekerk ·

Volgens sekwrke nuusberihgte is hulle WEL geskors met alle salarisvoordele

Gaitsigubib ·

…………..en tog is daar een ou wat glo hulle verdien ‘n vol salaris tot in lengte van dae (want hulle rek hierdie sake oneindig lank uit). Daar is nog ander wat dit ook glo, dis waarom hulle dit kry. Die interpretasie van korrupsie is vir hierdie segment ‘n baie vreemde (Westerse) konsep, dis waarom mens korrupsie in SA sekerlik nooit uitgeroei gaan kry nie. Solank daardie mentaliteit bestaan gaan dit n opdraande styd wees.

Danie ·

Beslis sorg vir mekaar.Skorsing eintlik n betaalde vakansie.Hierdie voorval is ernstig hulle behoort ontslaan gewees het.

Marius ·

Eerder laat as nooit. Nou wat nou , en hulle kry seker nog al die voordele al verdien hulle dit nie.

Hannelie ·

ek hoop hul is geskors SONDER enige betaling. 7 dae? Dink jul nie dis dalk te min vir aanranding nie? O ja ek vergeet ons bly in die wettelose Suid-Afrika.

Perdeby ·

Wanneer jy geskors word by jou werk, dan word jy geskors met volle voordele asook salaris, dit is wat die wet bepaal. Dit blyk dat bitter min mense weet hoe ‘n dissiplinere verhoor werk !

Geert ·

Ek hoop van harte dat die burgers van Suid Afrika uit die GESKIEDENIS sal leer voor hulle na die stembus gaan gedurende 2024. Om na die liegstories van heelwat politieke leiers te luister sal fataal wees.

HPJ ·

Wat se al die ou doom profete van die DA nou Daar is n proses wat gevolg moet word En die proses is gekoppel aan die grondwet As dit nie reg gedoen word dan is dit tot voordeel van die verdagtes Maar die party van moaner en groaners het geen oplosings nie net n geklaery

Geert ·

Ek het geen ooghare vir die DA nie, maar is jy nie dalk nou besig om te moan en groan en sonder om n oplossing te bied nie.

Johan Tredoux ·

Die gewone publiek is nie beskore om oplossings te gee of dat daar gehoor gegee sal word daaraan nie.

Jannie van Niekerk ·

Julle ondersteuners van die ANC hoop naturlik fanaties dat hierdie boewe niks gaan oorkom nie.
Die ANC glo nie aan die grondwet se prossesse nie. Jy woon duidelik nie in Suidd Afrika van vandag nie.

Docpietza ·

Ian Cameron is reg. Hul moet aangekla word en in n hof verskyn soos vir enige ander kriminele daad, skorsing is n grap. Maar ons ken mos nou al die uitkoms in die land…….

Madz ·

Ons sal maar almal voortaan met dash-cameras moet ry / ons selfone se video recordings aansit of LIFE gaan op een of ander sosiale platform as jy iets verdag sien. Lyk my dis AL manier waarop mens ‘n tipe van geregtigheid kan laat seevier. Dis hartseer maar blykbaar “the only way” want anders word sulke tipe van optredes net eenvoudig onder die tafel ingevee….

Johan Tredoux ·

Nog nooit n probleem gehad met die bloulig brigade nie. Gaan nie nou bang raak oor nuusberigte en geld uitgee om bevestiging aan my aangeplakte vrees te gee nie.

Johan Tredoux ·

Regtig nie? Geen optrede regverdig geweld nie? Interessante opmerking wat jy daar maak.

Danie ·

Geen persoon het die reg om wet en orde in sy hande te neem nie.Tensy sy lewe in dreigende gevaar is nie.

Johan Tredoux ·

Wat my terugbring na die moontlikheid van die ander kar se optrede. En nee, ek glo dat teistering ook n pak slae vereis. Nie net indien mens se lewe in dreigende gevaar is nie. Teistering loop maklik uit op “dreigende gevaar” indien mens soos n “soft toy” reageer .

Johan Tredoux ·

Tóg is die publiek vinnig om in veghonde te verander wanneer hulle opgesweep word deur n eensydige gebeurtenis. Iets klop nie vir my nie. Die bloulig brigade het gewoonlik nie tyd vir nonsens nie. Die ander kar móés iets redelik ernstig aan hulle gedoen het, dalk.

JvR ·

In die 90’s het n kennis van my een nag wakker geword toe daar by sy huis ingebreek is. Hy het met die vuiste ingele dat daar dae daarna nog bloed aan die vensterbanke was. Dink jy ook dit was oormatige geweld?

Jana ·

Geskors? Moet ons nou huil van vreugde? Hoekom is hulle nog nie agter tralies nie? Hulle is ‘n gevaar vir die samelewing! En ” beweerde aanranding”? Dis dan duidelik wat gebeur het op die video!!

Witbaard ·

Die skorsing is net op papier. Waarom wil die polisie nou niks meer oor die saak sê nie.

Perdeby ·

Want daar word nou begin met dissiplinere verhore nou, so wat moet hulle nou sê? Hulle wet nog nie wat in die verhore gaan gebeur nie. Dat hulle almal skuldig is, en dat hulle optrede glad nie goed gepraat kan word nie, want geen verskoning regverdig wat hulle gedoen het nie, en Cele en Roode gaan beslis eise teen hulle kry.

SjN ·

Geskors en het 7 dae tyd om redes aan te voer, die video materiaal bewys die aanranding, moes alreeds in hegtenis gewees het, kaders sorg vir mekaar.

Danie ·

Ons het die reg om ons opinies uit te spreek.Wat verkeerd is is verkeerd.As die gemeenskap en die media stilbly oor misdaad dan sal die verval nog net groter word.Die 8 kriminele moet onmiddelik ontslaan word.Die SAPD regulasies maak voorsiening vir ernstige misdaad asook hoe die beeld van die polisie skade kry.

Johan Tredoux ·

Wat verkeerd is, is dat ons net die einde gesien het en n opinie lewer asof ons die hele prentjie het.

Gaitsigubib ·

Nee wat Johan mens hoef nie alles te sien nie. As “gereg dienaars” so optree dan weet jy n land is in sy………………………

Johan Tredoux ·

“Mens hoef nie alles te sien nie”. n Lui manier van dink vir die onhalwe van vermaak.

Jannie van Niekerk ·

Brig Mathe se reaksie bewys net weer dat hier weer ‘n grootskaalse toesmeerdery aan die kom is.

Francois ·

Wat help dit om net geskors te word met volle salaris. Nou sit hulle by die huis vir 10 jaar met vet salarisse wat ons betaal

Petrie ·

Al wat die skorsing beteken is hulle is nie by die werk nie. Hulle is met VOLLE VOORDELE OP VAKANSIE.
LEKKER IN KORRUPTE MAFIA SUIDER-AFRIKA

Casper ·

Hannelie,lees die berig,hulle is nie vir 7 dae geskors nie.Hulle het7 dae gehad om te sê hoekom hulle nie geskors moet word nie en ja hulle is geskors.

Lesly ·

Ek wil nie weet van geskors nie, ek wil hoor dat hulle krimineel aangekla en vervolg word. Ek wil hoor dat ‘n voorbeeld van hulle gemaak word met tronkstraf

Erika ·

Hulle is gepos met Voordele Sodra die stof gaan le gaan huule net bloot weer her aangestel word…in die kanale Hulle belange sal beskerm word (die persoon wat Video aangetuur het op social media kan tipies gevictimiseer word.0mdat die waarheid uitgelig word

Douglas ·

Die skorsing sal met volle salaris wees. So eintlik is hulle met vakansie.

Miena ·

Geen kommentaar meer nie… Nou ja mede landsburgers daar het ons dit. Hulle wil nie meer praat nie. Wat n grap. Sterkte vir julle met daardie stans wat julle ingeneem het…
Ons wil nog praat ons het baie vrae en kommentaar nog.
Kwanele!!!

Juanita ·

Soos Ian sê: Dit is onaanvaarbaar dat hulle nog nie gearresteer is nie. As die polisie nie kommentaar “WIL” lewer nie, wie gaan? Ons wil weet wanneer arrestasie plaas vind???

Gregory ·

Absoluut skokkend. Hulle almal moes onmiddellik gearresteer gewees het. Nou word die persoon wie die video geneem het ook gedreig met geweld. Alles, omdat ‘n korrupte regering geweld aanmoedig, goedkeur en ‘n waarskuwing vir ons as burgers uitstuur…….

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Nou moet hulle nog net ontslaan, verhoor, skuldig bevind word en tronkstraf kry vir hul wandade. Geregtig sal geskied as hulle lank agter tralies bly en ware geregtig sou wees as hulle ook die slagoffers omverskoning vra en uit hulle eie sakke die slagoffers kompenseer vir skade (fisiese en emosionele) verliese gely. Mense, ons tronke is te lekker en ons strafregstel het ons gefaal. Die dag wanneer tronke en tronkstraf weer ‘n verskrikking raak vir kriminele en hulle betaal letterlik en figuurlik vir hulle wandade/oortredinge, dan sal SA begin om weer ‘n beter plek te wees.

JohanR ·

Word ANC’s net geskors en dan maar weer iewers anders bevorder, of verskyn hulle darem een of ander tyd in ‘n hof voor die mense wat hulle stukkend geskop het, en voor ‘n regter? En daar word ek wakker uit my droom!

My siening ·

Kort opsomming: Hulle vat jou tax en betaal die skurke se volle salarisse en byvoordele en hulle is geskors en sit by die huis en drink want hulle is moes macho, met ander woorde hulle kan net in ‘n pak, groep optree maar alleen is hulle niks werd, die regering se mafia oppassers!

Jooste ·

Skors? Dis verlof met salaris en hulle kan vir jare by huis sit met vol salaris lekker man!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.