“Wat vir my mooi was, is dat daar vir elke liewe vrou gesê is dat sy mooi lyk. Almal het hulle oomblikkie gehad en niemand is gekritiseer nie.”
Lees meerAlles vir Donderdag 6 Julie 2023
Munisipaliteit spook om vloedskade in Namakwaland te herstel
Sekere gebiede van die Nama-Khoi-munisipaliteit het verlede week erge skade opgedoen nadat die Buffelsrivier, Skaaprivier en ander riviere in die gebied oorstroom het.
Battie se reis skielik kortgeknip
Hoewel die vlermuis nie haar kankerstryd oorleef het nie, is navorsers hoopvol dat haar gewas hulle steeds baie gaan leer oor die moontlike behandeling van kanker by diere sowel as mense.
Huldeblyke stroom in vir ‘ontsagwekkende’ oudminister
“Hy was ʼn man met ʼn ontsagwekkende en intimiderende intellek wat saam met die mense van sy generasie onwrikbaar was in sy beginsels en waardes.”
Komitee wil stokkie steek voor onwettige mynbou
Dit kom nadat altesame 17 mense, onder wie kinders, dood is ná ʼn gaslek by ʼn informele nedersetting by Boksburg aan die Oos-Rand.
Franse polisieman ontken hy het tiener voor skietery gedreig
“Hy is steeds in skok,” het die polisiebeampte se prokureur gesê.
Alison Botha se aanvallers ‘ʼn gevaar vir samelewing’
Regter Chris Jansen het by die destydse vonnisoplegging van Frans du Toit en Theuns Kruger gesê die mans is “inherent boos” en dat hulle nooit op parool vrygelaat moet word nie.
Blomme, briefies vir Mia neergelê
“Jou glimlag het sonstrale in ʼn donker wêreld geskyn. Mag jy nou met jou engelvlerke in die wolke verdwyn, jy sal vir ewig bly voortleef in ons gedagtes,” het een van Mia se vriendinne in ʼn brief geskryf.
Coco Lee, stem van ‘Mulan’, oorlede
“Die hospitaalspan het tevergeefs gespook om haar te red en haar in haar koma te behandel.”
ToekomsVenster: Laat die kindertjies na My toe kom
Christen-ouers het ʼn uitgesproke of onuitgesproke getuienis dat hulle in die voetspore van Jesus wil wandel.
Sterk wind, skadelike golwe en selfs sneeu vir die naweek voorspel
Sneeu sal na verwagting Sondag en Maandag oor dele van die Wes-Kaap uitsak, wat tot gevolg kan hê dat groot bergpasse gesluit moet word.
‘Blouligboelies’: Agt ontvang skorsingsbriewe
Die polisiebeamptes in die video is ook sedertdien uit hul poste onttrek en sal kantoorgebonde wees hangende die uitkoms van ʼn dissiplinêre ondersoek.
Beurtkrag fase 1,3 tot Sondag ingestel
Beurtkrag sal Sondag vir die grootste deel van die dag opgeskort wees.
Kleyn opgewonde oor Bok-debuut
Jean Kleyn, wat in 2019 vyf toetse vir Ierland gespeel het, kan danksy ʼn verandering in regulasies deur Wêreldrugby vanjaar die Springbokke verteenwoordig.
Kriptogeld klou én klim kragtig
Die kriptomarkleier Bitcoin verhandel tans meer as sowat 75% hoër as 12 maande gelede, terwyl Ether (Ethereum) die grootste groei die afgelope jaar getoon en tot dusver met meer as 94% geklim het.
‘Regering moet optree teen onwettige mynbou’
Die gas-tragedie wat hom Woensdagaand in die Angelo- informele nedersetting in Boksburg aan die Oos-Rand afgespeel het, kan voor die deur van die regering gelê word omdat hy versuim het om aandag te gee aan onwettige mynbou in die provinsie.
Shoprite-bestuurder in rooftog doodgeskiet
Die verdagtes het glo 5 kg braaipakke, drie selfone en kontant van R650 gebuit nadat hulle nie die kluis kon oopkry nie.
Afrikaans 100-veldtog op soek na nasionale koördineerder
Is jy passievol oor Afrikaans en die gebruik daarvan op talle vlakke? Die Afrikaans 100-veldtog is op soek na ʼn persoon wat as nasionale koördineerder vir hierdie veldtog kan optree.
Zuckerberg se ‘Twitter’ raap oornag 10 miljoen verbruikers op
“Ek dink daar moet ’n openbare gesprek-app wees met meer as ʼn miljard mense daarop. Twitter het die geleentheid gehad om dit te doen, maar het dit nie reggekry nie. Hopelik sal ons.”
Basta met verveeldheid dié wintervakansie
Vir party gesinne is die jaarlikse wintervakansie ʼn tyd vir die Bosveld, die ooskus of selfs buitelandse toere, maar vir die groter meerderheid ouers is dit egter ʼn jaarlikse kopkrapsessie om maniere te vind waarop kinders besig kan bly.