Beurtkrag fase 1,3 tot Sondag ingestel

(Argieffoto: Dall-E)

Fase 3-beurtkrag sal vandag (Donderdag) om 16:00 in werking tree en tot middernag geld.

Fase 1 sal dan Vrydag van 05:00 tot 16:00 ingestel word, waarna dit weer tot middernag na fase 3 verhoog sal word. Dieselfde skedule word Saterdag gevolg.

Beurtkrag sal Sondag vir die grootste gedeelte van die dag opgeskort word. Fase 3-beurtkrag skop egter Sondag om 16:00 weer in.

Eskom sê daar is tans meer onklaarrakings, wat ʼn kapasiteitstekort van 15 100 MW tot gevolg het.

Altesaam 5 252 MW word aan beplande instandhoudingswerk afgestaan.

ʼn Opwekkingseenheid by die Matimba-kragstasie is intussen ook afgeskakel om herstelwerk te doen.

Vertragings in die herstel van twee opwekkingseenhede by die Tutuka-kragstasie dra ook tot kapasiteitsprobleme by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JvR ·

Ai. Nou is die mense ongelukkig. Waarom fase een en drie as dit so lekker was met fase ses onder DR.

annie ·

Ons hoop daar is genoeg krag vir Sondag. Dit gaan glo ysig koud wees volgens vooruitskouings.

JvR ·

“If voting made any difference they wouldn’t let us do it.”
― Mark Twain

Papsak ·

Geweet dit n foefie storie hoe lyk dit nou mmmm einde nog glad nie in sig nie lekker lag ek nou

JvR ·

Die wat nie die komma tussen 1 en 3 raakgesien het, word seker vanoggend wakker in ICU

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.