Zuckerberg se ‘Twitter’ raap oornag 10 miljoen verbruikers op

Threads is Woensdag in meer as 100 lande geloods. (Foto: Christoph Dernbach, Picture-Alliance via AFP)

Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Meta, het Donderdagaand gesê daar is reeds meer as 10 miljoen gebruikers wat binne enkele ure sy nuwe app en Twitter-mededinger, Threads, afgelaai het.

Dié nuwe app, wat soos Facebook en Instagram deel van die groeiende Meta-familie is, is Woensdagaand in nagenoeg 100 lande beskikbaar gestel en sal vir eers sonder advertensies vertoon word.

Die bekendstelling daarvan is egter in dele van Europa vertraag weens kommer oor dataprivaatheid.

Threads is tot op hede die grootste mededinger nog vir Twitter –  wat deur die tegnologiemagnaat Elon Musk besit word. Ondanks dié platform se verskeie struikelblokke, het geen mededinger hom al onttroon nie.

“Tien miljoen aanmeldings binne sewe ure,” het Zuckerberg Donderdag op sy amptelike Threads-rekening geskryf.

Bekendes soos Jennifer Lopez, Shakira en Hugh Jackman, asook mediahuise soos The Washington Post, The New York Times en The Economist, het ook reeds Threads-profiele geaktiveer.

“Dit sal geruime tyd neem, maar ek dink daar moet ’n openbare gesprek-app wees met meer as ʼn miljard mense daarop. Twitter het die geleentheid gehad om dit te doen, maar het dit nie reggekry nie. Hopelik sal ons,” het Zuckerberg op Threads geskryf.

Twitter het gesê dit het meer as 200 miljoen daaglikse gebruikers.

Gebruikers kan Threads deur hul Instagram-profiele aktiveer en sy gebruikersplatform is ook soortgelyk aan dié van Twitter.

Dié app se bekendstelling het klaarblyklik ook die vyandigheid tussen Zuckerberg en Musk verder laat opvlam.

Musk het in reaksie op Threads op Twitter geskryf: “Dankie dat hulle so gesond bestuur word”.

Dit was glo  ʼn verwysing na ’n uitvoerende beampte van Meta wat verlede maand gesê het dat kreatiewes en openbare figure belangstel om by ’n “Twitter-agtige platform aan te sluit wat gesond bestuur word”.

Maroela Media het vroeër berig dat dié twee miljardêrs ingestem het om mekaar in ʼn boksgeveg te laat les opsê nadat Musk ʼn uitnodiging aan Zuckerberg vir dié geveg in ʼn onlangse boodskap op Twitter gerig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Chopper ·

Dis nou dieselfde Zukerberg wat enige negatiewe nuus oor die plandemie so gesensor het…………!

Chris ·

Gawie, nou van waar Gahasie – Het jy enigsins navorsing gedoen oor die onderwerp – debat oor die onderwerp was algeheel uit – indien debat die verspreiders van “fopnuus” kon stilmaak sou dit mos gebeur het. Die algehele wegskram van debat is aanduidend daarop dat dit ‘n valse agenda was waarmee hul besig was. Glo jy is intelegent en indien jy opgelees het oor die onderwerp sal jy ook besef dat vryheid van spraak belangrik is vir ons demokrasie.

Pietertjie ·

Nee man, dis GEBRUIKERS. Die mense verbruik / vermors wel hulle tyd en geld op die stelsel.

Theo ·

Miskien as mense weer in die regte wêreld begin leef, en nie hul lewens op hierdie tipe giftige sosiale platforms deurbring nie, sal hulle weer vir hulself kan begin dink, en sal daar dalk minder depressie en angs wees. Kyk bietjie om jou rond en sien hoeveel zombies daar is wat letterlik aan hul fone vasgemaak is met hul koppe na onder? Die meeste loop net eenvoudig voort en kyk vasgenael na daardie klein skerm en is heeltemal onbewus van wat in die regte wêreld om hulle aangaan!

JvR ·

Die regte wereld sal ongelukkig nooit weer terugkeer nie. Verby is die dae van surprise kuiers ens. Alles digitaal.

JohanR ·

My gooiste hoeveel plekke wil een he om te praat? Jy kan in die more wakker word en praat en praat en die aand gaan slaap nog praatend. Geen wonder ons het ‘nasie van vet en ongesond mense geword. Daar word gese die mensdom kyk na hulle selfoon elke 10 sekonde net ingeval hulle iets gemis het. As ek en familie gaan uiteet daan is dit ‘n reel dat alle selfoons by die huis gelos is. Dan eet, kuier en gesels ons almal te lekker saam. Ek laat ook nie selfone by my eet tafel nie…..dis waar jy eet.

Adri ·

Hierdie tipe gespreksgroepe vernietig alle normale kommunikasie en sosialisering. DIt laat my koud. Ek oorleef gemaklik daarsonder, dankie.

JvR ·

Ek stem. Het ook twee jaar gelede digitale chirurgie toegepas en fb gesluit. En nou het what’s app en telegram ook gewaai.

Delia ·

Digitale chirurgie…ek hou van jou woorde. Ek het FB ook gelos, want op FB is almal se lewe wonderlik. Maar ai, die w app…ek sukkel!

George ·

Se jy, op kommentaar, op n website, social media. So nee, jy oorleef nie sonder dit nie.

JvR ·

En so vorder die digitalisering van die wereld. En niemand kom agter wat om hulle aangaan nie.

Andrew ·

Nou kan die libs hulle koppe in die sand druk as hulle nie na iemand anders wil luister nie

JvR ·

Meta is die maatskapy wat sy apps skep en besit.
Wie is Meta?
The Meta-God is a supernatural alien entity and the final antagonist of Shadow Hearts, and portrayed as one of the Outer Gods. It is an immaculate, amoral, cosmic horror said to be mistaken for the Judeo-Christian God because of its role as creator of the Earth.
Dankie google

George ·

Nie seker wat jou punt hiermee is nie. Dis n naam, as jy ander wil inlees, is dit jou saak.

Chris ·

JvR, dit is goed om te sien daar is nog mense wat met insig deur die simboliek kan kyk, Ek hou van ingeligte kommentaar.

Gaitsigubib ·

Ek wonder hoeveel van die 10 miljoen is weer “bots”………dis mos moeilik om op te hou lieg as jy eers begin het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.