Komitee wil stokkie steek voor onwettige mynbou

(Foto: Wikus de Wet/AFP)

Die Gautengse provinsiale wetgewer se portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid wil nou verseker dat “onwettige mynbou totaal uitgeroei word”, aangesien dit “ʼn enorme en verwoestende probleem” in die provinsie tot gevolg het.

Dit kom nadat altesame 17 mense, onder wie kinders, dood is ná ʼn gaslek by ʼn informele nedersetting by Boksburg aan die Oos-Rand.

Daar word vermoed dat die gassilinder wat dié katastrofiese voorval veroorsaak het, deel was van ʼn onwettige mynoperasie wat deur die zama-zamas in die gebied uitgevoer is.

“Oor die jare heen was daar talle sterftes in Gauteng as gevolg van die onwettige mynaktiwiteite wat in verskillende dele van die provinsie opduik,” sê Bandile Masuku, voorsitter van die komitee.

“Die komitee doen nou ʼn beroep op wetstoepassingsowerhede om toegewyde en spesiale eenhede op die been te bring wat kan verseker dat onwettige mynaktiwiteite in die provinsie ten volle uitgeroei word.

“Ons doen ook ʼn beroep op private veiligheidsmaatskappye en gemeenskapspolisiëringsforums om noue vennootskappe met die polisie te vorm om alle onwettige mynbou in Gauteng uit te roei.”

Masuku sê die inwoners van die informele nedersetting moet nou saam met die polisie werk sodat die skuldiges vasgetrek kan word.

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, sê benewens die sterftes is daar tans nog 11 mense in die hospitaal, waarvan een van suurstof afhanklik is.

Nooddienste het Woensdagaand by hul aankoms op die toneel talle mense bewusteloos aangetref nadat hulle die gas ingeasem het.

Familielede van die slagoffers het die volgende oggend bymekaargekom op soek na inligting oor hul geliefdes.

“Vanoggend toe ek kom kyk wat gebeur het, het ek uitgevind dat my suster in die hospitaal is, maar dat my swaer oorlede is,” sê Felsin Nyamuso.

Die komitee wag nou op ʼn gedetailleerde verslag van die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens oor wat presies gebeur het, asook wat gedoen gaan word om onwettige mynbou hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

SomeOne ·

aaahg nouja, nog n koppietee wat niks gaan uitrig nie
van die informele nedersetting inwoners is daar om die onwettige mynbou aktiwiteite uit te voer

Jr ·

Blah blah blah. Hulle terriseer Carletonville. Skietery, kabel, diefstal en en en. Polisie en govt het n * eenheid * gevorm, waarvan n * niksheid * gekom het. Blah blah blah

Veritas ·

Ja, ook in die Oos Rand ( Boksburg, Benoni tot by Nigel), die Wes Rand ( Roodepoort, Krugerdorp ), Randfontein, Westonarea, Klerkdorp, Stilfontein. En dan natuurlik Virginia en Welkom, waar mens nie eintlik verontstel om die ou ST Helena pad te kry nie. As jy ‘n pap wiel kry, is jy in gevaar. Ek verstaan dat die oorgrote meerderheid immigrante, en ook dat ‘n gemiddelde “werker” tot ‘n R 1000 op een dag kan verdien. Dit gaan lekker in goeie ou Suid Afrika, elkeen maak net wat hy wil. Geen beheer

Witbaard ·

Waarom n komitee, laat die polisie net hulle werk doen, dan spaar ons belastingbetalers miljoene

Eugene ·

Cyril sal nooit die zamas zamas stop nie, Hy kan nie eers kyk dat slaggate reggemaak word nie.

Harley Davidson ·

Geen komitee is nodig nie die polisie moet net hulle werk doen.

kragaap ·

Sal nooit gestop word nie hoë vlak politici en polisie amptenare baat by die aktiwiteite.

Tersia ·

Tot die stof gaan le het, dan gaan alles weer net aan soos altyd. Soos in 2022 toe 8 vroue verkrag was deur die Zama Zamas in Krugersdorp en almal in rep en roer was daaroor en daar begin was om op te tree teen die mense . Toe almal vergeet het van die insident, toe vergeet die regering en almal weer van die Zama Zamas en word hulle toegelaat om aan te gaan met hulle onwettighede. Dieselfde gaan weer gebeur.

Eidel ·

Wat is nou skielik so ‘n nood om dit te stop. Die zama zamas gaan nou reeds jare aan en niks word daaraan gedoen nie. Mense lewens is verwoes. Die myne behoort aan maarskappye wat veranrwoordelik gehou moet word. Hoekom myn hulle nie daar nie. Omdat dit nie meer lonend is nie.

Dan moet hulle gedwing word om die myne permanent toe te maak deur dit behoorlik te seel sodat daar geen toegang kan wees nie. As die maarskappye nie wil saamwerk nie kry ‘n ernstige hofbevel. Gee hulle ‘n datum waarop dit afgehandel moet weet. Sommer byna onbetaalbare boetes ok indien geen samwerkings gekry word nie. Die regering is te slapgap om dit af te dwing of is daa rmore than meet the eye.

Di ·

BESLIS – Sekeres in die regering baat BAIE uit hierdie onwettige myne uit

Di ·

die Regering moes LANKAL wakker geskrik het!! Dink die rede hoekom hulle so TRAAG is om dit te bekamp, is dat BAIE polisielede en politieke persone ook voordeel put hieruit

Fontein Tannie ·

Hierdie is ongelooflik hartseer, maar in realiteit nommer een is onwettige mynbou nou al hoe lank in die nuus en nou eers wil hulle “‘n stokkie daarvoor steek”. Nommer twee kry hulle nie eens die stokkie om te steek voor “potholes” nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.