Minstens 16 sterf na gaslek in Boksburg

(Foto: @visiontactical/Twitter)

Minstens 16 mense, onder wie kinders, is dood ná ’n gaslek by ʼn informele nedersetting by Boksburg aan die Oos-Rand.

Die voorval, wat vermoedelik met onwettige mynaktiwiteite verbind word, het by die Angelo- informele nedersetting plaasgevind.

“Paramedici kon daarin slaag om van die slagoffers weer by te bring en hulle is na hospitale geneem,” het William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni se nooddiens, gesê.

Van diegene wat in die hospitaal is, is vier in ’n kritieke toestand terwyl 11 in ’n ernstige maar stabiele toestand is, het hy gesê. Vyf vroue en drie kinders is onder die oorledenes.

Die brandweer- en nooddiens het omstreeks 20:00 ’n oproep ontvang oor ’n moontlike gasontploffing, maar met hul aankoms het hulle ontdek dit was ‘n silinder wat ’n giftige gas gelek het.

(Foto: Wikus de Wet/AFP)

Volgens Ntladi was daar vermoedelik nitraatoksied in die silinder en dit word vir onwettige mynaktiwiteit in en om die nedersetting gebruik.

Met die nooddiens se aankoms op die toneel is talle mense bewusteloos aangetref na inaseming van die gas en die dodetal is aanvanklik as 24 aangedui, maar van die mense kon weer bygebring word.

Reddingswerkers en lede van die polisie se forensiese eenheid het tot in die vroeë ure die gebied gefynkam. Die informele nedersetting lê aan die voet van ’n ou verlate myn.

Die jongste voorval kom na die noodlottige ontploffing in Boksburg op Oukersdag wat die lewens van 41 mense geëis het.

Die bestuurder van ʼn gastenkwa het die oggend van 24 Desember onder ʼn brug deurgery waarna die tenkwa vasgesteek en eindelik ontplof het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

B-Man ·

Nitraatoksied naby Boksburg… Kon dalk vir straatresies ook gewees het.

Owlie ·

Daar word altyd verwys na onwettige myn sktiwiteite verwys – waar kom due myners vandaan, hoekom is daar toegang tot myne vir diegene wat nie daar werk nie, hoekom is onbruikbare myne steeds oop, hoekom is daar nedersettings naby myne – kyk eerder watter afdelings hierdie dinge laat verbygaan en hou hulle verantwoordelik vir hierdie soort tragedies

Kokerboom ·

Kan die onwettige mynbedrywighede asb vir altyd in kiem gesmoor word of het regering of amptenary dubbele agendas?

Vanessa ·

Dit is baie hartseer. Ons bid vir die mense wat gesinslede verloor het en vir die wat in die hospitaal is.

SwartBees ·

Die huidige leiers van ons wonderlike land sal niks aan die onwettige mynery doen nie want hulle is deel van dit. Hulle voel n veer vir die mense wat vir hulle stem en sal korrupsie en geld bo alles verkies wat reg is.

Doen bietjie n opname van ministers wat betrek word by korrupsie. Die antwoord is skokkend. Nie een minister se naam is skoon nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.