Of jy nou al jou tone in die onstuimige kriptogeldwaters gewaag het en of jy steeds eerder die klingel van muntstukke in jou beursie verkies, daar’s geen keer aan die groei van die digitale geldwêreld nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Bitcoin"
Bitcoin bereik rekordhoogte
Daar is nou sprake daarvan dat bitcoin in die komende maande tot $100 000 (sowat R1,4 miljoen) kan verhandel.
Hoe veilig is bitcoin?
Een van die grootste mites rondom bitcoin, selfs al het dit na die hoofstroom beweeg, is dat kriptogeld nie ’n veilige alternatief vir tradisionele finansies is nie. Die realiteit is dat dit eintlik heelwat veiliger is.
Kriptogeld: Tem dié talentvolle tiener
“Baie mense wil só graag ’n stuk van die kuberkoek kry dat hulle hul brood-en-melkgeld blaas net om langs die braaivleisvuur met hul digitale beursies te kan spog.”
Is bitcoin ’n borrel met geen inherente waarde?
Wat gee waarde aan die rande (of dollars) in jou bankrekening? Dit kom alles neer op geloofwaardigheid en gebruik.
Bitcoin duik ná Chinese waarskuwing
Bitcoin het die afgelope paar dae wipplank gery.
Is dit te laat om bitcoin te koop?
Hier is ’n paar wenke om jou met kriptogeld aan die gang te kry.
Tesla slaan remme aan op bitcoin
Dít weens skade aan die omgewing.
Jy kan nou ʼn Tesla met bitcoin koop
Tesla het amptelik begin om bitcoin as geldeenheid te aanvaar in die verkope van hul elektriese motors.
Bitcoin-prys bereik rekordhoogte danksy Tesla
“Die belegging is waarskynlik een van die grootste ontwikkelings vir die kripto-geldeenheidbedryf.”
Datalek ‘ontbloot’ SA bitcoin-handelaar
Die maatskappy se hoofkantoor is in Stellenbosch met satellietkantore in Randburg en die Strand.
2 vas vir ontvoering waar bitcoin-losprys geëis is
In Mei verlede jaar is ʼn 13-jarige seun ontvoer terwyl hy buite sy ouerhuis in Witbank gespeel het en die ontvoerders het bitcoin as losprys vir sy vrylating geëis.
Bitcoin is al tien jaar oud
Een van Bitcoin se grootste kritici plaaslik, is Mike Schüssler, die hoofekonoom by economists.co.za. Hy wys daarop dat die vertrouensaspek waarskynlik Bitcoin se grootste uitdaging is.
Bitcoin onder bespreking by forensiese byeenkoms
Hy het beklemtoon dat monetêre transaksies in Suid-Afrika tans gemiddeld sewe tussengangers vereis en dat dit tydrowend is – banke vereis dikwels ʼn spesifieke aantal werkdae om ʼn transaksie af te handel.
SA kry eerste kripto-kitsbank
Die eerste kripto-kitsbank in Suid-Afrika wat met geldeenhede soos Bitcoin, Dash en Ethereum werk, sal einde dié week in Gauteng in gebruik geneem word.
Inkomstediens sê oor kripto-geldeenhede
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag bekend gemaak dat hy sal voortgaan met die toepassing van normale inkomstebelastingreëls op kripto-geldeenhede en dat die SAID van belastingbetalers sal verwag om hul winste of verliese met kriptogeld as deel van hul belasbare inkomste te verklaar.
Koffie saam met Wouter: Is bitcoin ʼn soort slenter?
Maroela Media het met Wouter Snyman, uitvoerende hoof van attooh!, oor ʼn koppie boeretroos gaan gesels om uit te vind of bitcoin ʼn slenter is. Hy gee ook ʼn bietjie raad om jou swaarverdiende geldjies veilig te hou indien jy kriptogeldeenhede soos bitcoin koop.
Koffie saam met Wouter: Hoe koop en verkoop ek my bitcoin?
Goed, so nou het jy besluit om ʼn kans te waag en ʼn gedeelte van ʼn bitcoin, of een van die ander talle gewilde kriptogeldeenhede, vir jou aan te skaf. Nou wonder jy waar en hoe om dit aan te koop en hoe gemaak as jy besluit dat jy eerder jou kriptogeldeenhede wil verkoop?
Koffie saam met Wouter: Hoe werk die mynery van bitcoin?
ʼn Mens hoor dikwels dat mense sê as jy werklik geld met bitcoin wil maak moet jy die geldeenheid myn. Wouter verduidelik wat daarmee bedoel word, hoe dit werk en of jy werklik soveel geld daarmee sal kan maak as wat beweer word.
Koffie saam met Wouter: Hoe veilig is bitcoin?
Noudat ons uitgevind het wat bitcoin is en hoe dit ontstaan het, wil Maroela Media weet hoe veilig kriptogeldeenhede soos bitcoin is.