Jy kan nou met bitcoin by Pick n Pay betaal

(Argieffoto)

Pick n Pay is die eerste kleinhandelaar in die land wat die kripto-geldeenheid by van sy winkels aanvaar. Die handelaar beplan om voortaan die stelsel na al sy winkels uit te brei.

Weke nadat die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) kriptobates as ’n finansiële produk verklaar het, het Pick n Pay sy betaalstelsel uitgebrei deur klante toe te laat om vir hul kruideniersware met bitcoin te betaal.

Pick n Pay het die stelsel in samewerking met kripto-firmas Electrum en CryptoConvert in winkels begin toepas.

Met dié stelsel kan klante by sekere Pick n Pay-winkels by kasregisters met bitcoin betaal deur middel van ’n slimfoontoepassing.

Die kleinhandelaar het aanvanklik die stelsel in tien winkels in werking gestel en dit het nou al uitgebrei na ’n verdere 29 winkels. Die handelaar beoog om die stelsel in die komende maande na alle winkels uit te brei.

Pick n Pay is Suid-Afrika se naasgrootste kruidenierswinkelhandelaar met meer as 500 supermarkte oor die hele land. Die handelaar het ook winkels in ander Suider-Afrikaanse lande soos Botswana, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe, Lesotho, Namibië en Mauritius.

“Kripto-geldeenhede word al hoe meer gebruik deur diegene wat onderbedien word deur tradisionele bankstelsels, of deur diegene wat wil betaal en geld op ’n goedkoper en werklik gerieflike manier wil ruil,” het Pick n Pay in ’n verklaring gesê.

Finansiële instellings en waghonde oor die wêreld heen worstel met hoe om digitale geldeenhede te reguleer.

Volgens Carel van Wyk, stigter van CryptoConvert, is Pick n Pay die eerste groot Suid-Afrikaanse kleinhandelaar wat klante in staat stel om vir hul kruideniersware by die kassier deur middel van kripto-geldeenhede te betaal.

Ander stelsels laat verbruikers gewoonlik toe om kripto-geldeenhede te gebruik om geskenkbewyse te koop eerder as om direk by die kassier te betaal.

“Kripto-betaling is nog in sy kinderskoene in Suid-Afrika, maar ons sien reeds aanvaarding in dele van ons samelewing wat nie voorheen toegang tot tradisionele finansiële stelsels gehad het nie,” het Van Wyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Koen ·

Sal graag die chaos wil sien as iemand sy brood en melk met bitcoin wil koop. Eish

Martie Smartie ·

Uhmm dis omtrent R157 000 se vleis daai. So jy koop dan ‘n klomp beeste. As jy R100 se mince wil he, moet jy vra vir 0.00027 bitcoin se vleis. Goodness al die zeros gaan chaos veroorsaak. Dis in elke geval geld wat in die kuberruim bestaan. Belaglik

George ·

Gaan dit maak dat hulle vrugte nie vrot word binne 24uur nie?

melaney ·

Ek en mandela is al so bekend aan mekaar, ek glo nie hy sal daarvan hou as ek hom finaal moet groet nie. Ek dra nou maar sy gesig ooral rond. Selfs die personeel by Spar is nogal bly om my te sien wanneer hulle stelsels nie werk nie en hulle skielik kleingeld nodig het.

Piet parys ·

Bitcoin net vir die rykes. Mense het nie eers geld om kos te koop nie en ry hulle krediet kaarte in die rooi en koop kos op skuld . Waar gaan dit eindig.????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.