Die twee ontvoerde Vrystaatse verkeersbeamptes is later die dag in Gauteng afgelaai.
Lees meerAlles vir Woensdag 2 November 2022
TLU SA stuur ‘sterk bewoorde brief’ aan Ramaphosa
“Ons kan nie net langer sit en toekyk nie. En ons land se president kan dit ook nie meer doen nie.”
Departement moet miljarde opdok weens nalatigheid
Dié departement se eise weens mediese nalatigheid was in die 2020/’21-boekjaar die derde hoogste in die land.
Matriekleerder verdrink tydens skooluitstappie
Casey Williams se liggaam is Dinsdag uit die water gebring.
Estina-saak nou na hooggeregshof
Verskeie regeringshoës in die Vrystaat word jare lank al daarvan verdink dat hulle die Estina-suiwelproduk as ʼn melkkoei gebruik het om regeringsgeld te tap.
ToekomsVenster: Die oorlogsbasuin
Die lied het op eie bodem beslag gekry in wat bekend staan as die “Oorwinningslied”. Daar is weliswaar minder protes daarin verwoord maar belydenis dat God steeds en altyd in beheer sal wees, is duidelik.
Jong man verdrink in dam by gholfklub
Polisiebeamptes en paramedici het sowat 40 minute lank probeer om Kyran Ditlow, ʼn jong man wat gholfballe uit die dam geduik het, by te bring.
Man trou vir die 88ste keer
Hy trou hierdie keer met sy eksvrou van sy 86ste huwelik.
Gauteng-waterkrisis: Vlak 2-beperkings opgehef, maar…
Rand Water het die vlak 2-waterbeperkings in Gauteng opgehef nadat sy reservoirvlakke gestabiliseer het.
Afrikaans-matriekvraestel was ‘ongewoon’
“Die vrae was vreemd gestel. Ek het nie verstaan wat hulle wil hê nie en het nie so lekker geskryf nie.”
Verskeie Durban-strande weer oop; rioolkrisis nie verby
Groot hoeveelhede onbehandelde riool beland steeds in opvanggebiede, terwyl die metro miljoene rande benodig om die krisis om te keer.
Nóg ’n voertuig dalk oor afgrond by Voëlklip
’n Persoon is intussen as vermis aangemeld.
Wiele2Wiele gesels oor Hyundai Venue en Audi RS3
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Hyundai Venue, kry hoendervel oor Audi se vyfsilinder RS3-sedan en vat die langpad met Volkswagen se Tiguan Allspace.
Glanspaar sê oor ‘vals’ naelprodukte
Peet en Mel Viljoen is ook tans te sien in die kykNET-werklikheidsreeks ‘Die Real Housewives van Pretoria’.
‘Verwoestende verlies’ toe bib-kantoor op Beaufort-Wes brand
Die brand het Maandagaand by die streeksbiblioteekkantoor op Beaufort-Wes uitgebreek.
Landbouwelvaart begin op laerskool
Tien vrugtebome, waaronder perske-, pruim-, appelkoos- en nektarienbome, is geplant om die skool in staat te stel om leerders van die landbouwaardeketting en selfstandigheid te leer.
Resep: Droëvrugte-speseryslaai
Hierdie bykos sal beslis ’n wenner by jou volgende braai wees.
Restauranteienaars in hul bed geskiet
Alastair en Michelle Mckenzie, eienaars van die bekende restaurant Squires On The Dam in Hartbeespoort, is Dinsdag na ’n hospitaal gehaas.
Seoel: Ysigwekkende noodoproepe voor stormloop
“Ek voel asof mense doodgedruk gaan word. Ek kon skaars uitkom.”
Te veel misdaad, te min geld vir polisie
Die polisie benodig meer as 87 000 bykomende polisiebeamptes om aan sy werklike behoeftes te voldoen.