TLU SA stuur ‘sterk bewoorde brief’ aan Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

TLU SA sê hy het ’n “sterk bewoorde brief” aan pres. Cyril Ramaphosa gerig om hom aan sy verantwoordelikheid teenoor Suid-Afrikaners te herinner.

Henry Geldenhuys, president van TLU SA, het in dié brief daarop gewys dat die regering verantwoordelik is daarvoor om Suid-Afrikaners se veiligheid te verseker en ’n beleidsomgewing te skep waarin die privaatsektor betrokke wíl raak.

“Met 70 moorde per dag word daar beslis nie na inwoners se veiligheid gekyk nie. Die regering is te sag op misdaad en misdadigers en daarom is dit buite beheer,” sê Geldenhuys.

“Ek het nie genoeg hande om te tel hoeveel keer daar al oor die implementering van die landelike  veiligheidstrategie sedert 2018 gepraat is nie. Suid-Afrikaners het die reg tot vryheid van geweld, maar ons beweeg al hoe verder weg hiervan en die realiteit is dat ’n groot deel van die bevolking in vrees leef.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) voldoen ook nie aan sy roeping om ons burgers te beskerm nie. Die realiteit is dat veral boere verantwoordelikheid van hul eie veiligheid, dié van hul families en werkers moet aanvaar.”

Geldenhuys sê TLU SA wil sien dat leiers tot verantwoording geroep word.

“Ons kan nie net langer sit en toekyk nie. En ons land se president kan dit ook nie meer doen nie. Hy mag nie langer net toekyk nie. Suid-Afrika en sy inwoners bloei. Ek vereis met die brief van Ramaphosa om die land en sy inwoners eerste te stel. Ons eis dit in terme van wat die land se Grondwet sy inwoners belowe, en ons eis dat hy vir ’n slag ophou dubbelpraat vir sy gehore en daadwerklik sy plig doen soos wat die Grondwet van die staatshoof vereis.”

Die brief volg kort nadat talle boere in bakkies, trekkers en stropers na Roedtan in Limpopo opgeruk het waar verdagtes in die rondgaande hof op die dorp verskyn het in verband met die onlangse moord op Nico (Nicci) Janse van Rensburg.

Die massaoptog het die betrokke dag onder leiding van TLU SA plaasgevind.

Geldenhuys het toe ook aan Maroela Media gesê dat die regering meer behoort te doen om Suid-Afrikaners se veiligheid te verseker. “Wat gaan jy doen, meneer Ramaphosa?” wou Geldenhuys weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

JohanR ·

Cyril Ramaphosa gaan nou ‘n komitee uitstande uit 25 mense, om verslag te gee oor sy verantwoordelikheid teenoor Suid-Afrikaners. Die werk sal Augustus 2023 afgehandel wees. As ek op enige van Cyril se 44 komitees ‘n plek kan kry, is ek ‘n ryk ou.

Strandloper ·

Die 1001 komitees vergader natuurlik daagliks om te bepaal waneer die volgende vergadering moet wees…dit is die eenigste punt op die agenda

Nie Verbaas ·

Hy is n slapgat en ruggraatloos. Steun is belangriker as om Suid Afrikaanse burgers te dien.

Frank ·

Wat ek wil weet is wat is die kanse as slagoffers die regering dagvaar, met ministers in hulle persoonlike hoedanigheid, soos feilik 100% bewysbaar waar die minister ‘n hofbevel veronagsaam om plan op te stel om busse te beskerm.

Anel ·

Hy gaan niks doen nie, net onteining sonder vergoeding wet maak. Dan word alles gevat en hy gaan sê julle het nou niks, hou op kla!

GWS ·

Dit is hoog tyd dat daar iets aan ons land se misdaad gedoen moet word!!

Piet ·

The criminal does not fear the police, neither judge nor jury. What he needs to fear is his intended victim.

Papsak ·

Ja dit is hoog tyd laat iemand op staan en iets doen vir ons dankie daarvoor

Andries ·

Die enigste manier om van die ANC ontslae te raak, is om hulle in DenHaag te gaan verkla – andersins is enige briefskrywery ‘n verkwisting van tyd, papier en ink. Sien gerus die BIZNEWS onderhoud met ene Miller op YOUTUBE.

Eden ·

Dis al waarvoor Ramaphosa gewag het. Die TLU brief gaan hom nou beslis laat optree.

Gaitsigubib ·

Wat stel jy voor Eden, moet die TLU niks se nie ? Jy moet een ding onthou, die media wat jou alewig blok is reeds teen jou , so as jy n noodkreet het vir wie ook al wil luister, moet jy lawaai so hard as wat jy kan en as niemand luister nie dan doen jy dit uit beginsel uit.

Johan ·

Ek onthou ‘n tyd wanneer ek respek vir ‘n polisieman gehad het en nie sou waag om iets vir hom te sê nie. Dit was goeie jare, mens was nie ryk nie, maar mens het oorleef en lekker geleef, maar hoekom hierdie regering aan goed gekarring het wat gewerk het, sal net hulle alleen weet.

gatgogga ·

Vergeet dit. Kaap, stig af, sodat ons ‘n plek het waarna ons kan hardloop.

wiesalweet ·

Almal kan nie Kaap toe hardloop nie. Gaan daar werk en verblyf wees vir ons almal. Was 2 weke terug in Mosselbaai en daar pop huise uit soos paddastoele. En ons het werke hier waar ons nou is, huise, ens. Wat word van dit? Verkoop?? My huis is 6 jaar terug al klaar betaal. Om nou van voor af weer skuld te gaan maak op my ouderdom gaan nie werk nie. Net my 3c.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wiesalweet, as jy nie kan/wil trek nie dan bly jy waar jy is. Gaan voort met dit wat jy doen in die republiek, dis die mees verantwoordelike ding om te doen. Jy kan egter steeds belê in ‘n afgestigde Wes Kaap. Wie weet, wanneer jy eendag aftree dan kan jy emigreer na ‘n stabiele Kaap.

Jaco ·

Hiers my ervarings van hoe dit gaan by die stembus:
In ‘n berig op maroela so ‘n jaar gelede het Flip Buys gekryf: “Die Solidariteit Beweging met sy organisasies wat uit ongeveer 500 000 gesinne bestaan”
500 000 gesinne, met tem minste 2 volwassenes, 2 stemgeregtigdes, per gesin. Met ander woorde 1 miljoen kiesers minimum. Solidariteit dink ook 99% dieselfde oor die politiek soos die Vryheidsfront-Plus. Maar kom dit by ‘n verkiesing, dan kry die VF-Plus skaars 400 000 stemme. Wats dan fout? Ek weier om te glo dat die ander 600 000 almal DA stem. Hoe kan ons mense stem vir ‘n party wat ten gunste van regstellende aksie is? Iewers is KLOMP van ons eie mense wat bloot nie aan verkiesings deelneem nie, maar ons is GOU om te kla oor alles wat skeefloop in SA. Eendag wanneer ons mense almal weg is, sal ons grafskrif lees “ten gronde gegaan weens gebrek aan belangstelling en gebrek aan samewerking”

Fluisterwind ·

Dit is nie as gevolg van ‘n gebrek aan belangstelling of samewerking: DIT IS OMDAT DIE VF+ NIE DOEN WAT 600 000 MENSE WIL Hê! (SELFBESKIKKING)

Republikein in die Wes Kaap ·

In die 1980s het die ou KP altyd rondom die idee van selfbeskikking gedartel. Die VF Plus het met groot fanfare weggespring, maar toe belangstelling verloor. Die betaling in die SA politiek is net te goed.

Republikein in die Wes Kaap ·

Goeie uiteensetting Jaco. Maar Solidariteit se ledetal vertel net ‘n halwe storie. Ek weet van Indiërs, swartes en bruines wat vakbondlede is van Solidariteit, maar deel nie VF Plus se politiek nie. Die Voortrekkers is deel van Solidariteit, maar nie alle volwasse lede ondersteun die VF Plus nie. Dieselfde ook met die FAK, Voortrekkermonument en Erfenis Stigting. My gewese buurvrou is aktief betrokke by Helpende Hand, maar sy is ‘n DA stadraadslid. Haar man is lid van Afriforum se buurtwag, maar hy dien op die DA se wyksbestuur. Lede van baie politieke oortuigings is deel van Solidariteit, maar om verskillende redes.

Daniel ·

Niks gaan help nie ons afrikaners is n baie swak nasie ons ja en amen net. En die ander lot broei soos paddas dit lyk vir my hulle kruip onder die grond uit

Hennie ·

Jy kon beter gedoen het deur die brief aan ‘n baksteen te skryf… Die pap broek geldswendelaar het polisiemanne wat hom en sy chums oppas. Hy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.