Departement moet miljarde opdok weens nalatigheid

(Argieffoto: Bret Kavanaugh/Unsplash)

Die departement van gesondheid in Mpumalanga moet R10 miljard betaal aan eise weens mediese nalatigheid. Dié departement se eise weens mediese nalatigheid was boonop in die 2020/’21-boekjaar die derde hoogste in die land.

Die totale voorwaardelike aanspreeklikheid van die departement het egter nou met meer as R90 miljoen toegeneem en staan tans op meer as R10,2 miljard.

Dit terwyl die departement tans nie eens oor ʼn permanente departementshoof beskik nie, sê Werner Weber, provinsiale leier van die VF Plus.

Die party het vandeesweek tydens ʼn vraag-en-antwoordsessie in Mpumalanga se wetgewer daarop aangedring dat die buitensporige eise weens mediese nalatigheid dringend bespreek moet word.

Weber sê die departement se groot hoeveelheid vakatures, gebrek aan beskikbaarheid van medikasie en diverse chirurgiese toerusting dra by tot die groot getal eise teen die departement.

Luidens die jongste kwartaalverslag van 2022/’23 het die mediese depot op Middelburg deurgaans ten minste 95% voorraad nie beskikbaar gehad nie terwyl die algemene persentasie mediese voorraad maar ʼn skamele 84% was.

Dieselfde verslag wys daarop dat 226 mediese geriewe in die provinsie dringende herstelwerk en onderhoud benodig terwyl twee klinieke heeltemal vervang moet word.

Weber sê dit is duidelik dat die departement die afgrond in bestuur word.

“Die regerende party voldoen nie aan sy grondwetlike plig om behoorlike gesondheidsorg aan die mense van Mpumalanga te voorsien nie. Dit is duidelik dat politieke motiewe en selfdienende neigings hoogty vier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter9 ·

So lyk die uitkomste van ‘n mislukte Staat… Verstaan die ANC wat aan die gebeur is?

Nie Verbaas ·

Dit is so goed as om my uit te vra oor kwantum fisika. Ek het geen idee nie en die ANC nog minder oor hoe om te verhoed wat in die land gebeur.

Burgermeester ·

Nalatigheid word groot-en-deels veroorsaak deur onbevoegde persone wat poste beklee wat bo hulle vermoëns is.

Ronél ·

Want ‘hulle’ moet mos die poste vul…………sodat dit op papier goed lyk by die Dept van Arbeid…………

Anel ·

Wie is die lot wat nalatig was? Wat gebeur met hulle? En dan wil die regering die nasionale gesondheidsorg afvorseer!!!!! Niks is nêrens in die wêreld verniet nie. Iemand iewers moet betaal. Dit is deur en deur bewys, die wat alles verniet kry pas dit nie op nie, maar hy wat gewerk het vir iets, pas dit op! Die anc het die land, waarvoor ons en ons voorvaders ons vingers stompies voor gewerk het en op gebou het, verniet persent gekry. En dit is hoekom dit so gaan. Ek dink baie van die sogenaamde medisie wat hier betrokke is, is nie hier opgelei ook nie, voldoen ook nie aan die standaarde nie. Kwalifikasies gegee. So wat anders kan mens verwag!!! So tussen ons, wat het van die kubane geword?

Christine ·

Wat ‘n klomp nikswerd amptenare. Sit net en eet KFC en dit het ek met my eie oë gesien.

Lillian ·

Wel, as jy sien wat aangaan by die staatshospitale, verbaas dit my gladnie. Nog ‘n globale gemors te danke aan die anc

Roek ·

Verseker dit is aansienliki minder as wat ‘n normale mens sou verwag as jy sien wat werklik gebeur !

Moedeloos ·

En ons as belastingbetalers moet vir hierdie eise betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.