Volgens die DA het die regering miljoene rand spandeer aan openbare deelnameprosesse vir die wetsontwerp, maar in hierdie stadium blyk dit nutteloos te gewees het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 26 September 2023
Bedryf bekommerd oor staat minder aan reis, verblyf gaan bestee
ʼn Lid van die gasvryheidsbedryf sê hoewel die nasionale tesourie se aankondiging ʼn positiewe een is om fiskale verantwoordelikheid te bevorder, is dit slegte nuus vir dié sektor.
Skoolgroep by oord gestrand ná rivier oorstroom
Daar is Dinsdag gereël dat ʼn helikopter ʼn verskeidenheid kos en drinkgoed vir die gestrande groep aflewer.
Agtjarige met dwelms betrap
Die dagga is glo met ander gr. 3-leerders gedeel voordat beamptes van Reaction Unit South Africa (Rusa) daarop beslag gelê het.
16 Kaapse skole gesluit weens oorstromings
Die provinsiale regering sê 26% van kinders in 1 076 skole kan tans nie by skole uitkom nie weens padinfrastruktuur wat erg beskadig is.
ToekomsVenster: Vier verhoudings
Vier die mense wat die lewe vol, mooi, betekenisvol, selfs uitdagend maak. Vier iemand in jou konteks vandag deur ʼn opregte kompliment.
Paartjie dood by Clarens-saamtrek gevind
Organiseerders het Maandag, nadat die meeste Jimny eienaars huiswaarts gekeer het, op die liggame van Carl Koen en Sharon de Villiers in hul tent in die tentedorp op die plaas Langkranz buite die dorp afgekom.
Sir Clive meen Bokke kan hulself skop
“Die harde werklikheid is dat die Springbokke in alle waarskynlikheid die kragmeting kon gewen het as Manie Libbok en Faf de Klerk met hul stelskoppogings in die kol was.”
Watwou! Kyk so ʼn konvooi … honderde Jimnys vat pad
Enigeen wat Clarens in die Oos-Vrystaat die afgelope naweek in enige ander voertuig as ’n Suzuki Jimny besoek het, moes taamlik uit gevoel het.
Kyk: Van hoenders tot verkleurmannetjie ook in oorstromings gered
Talle troeteldiere, plaasdiere en wilde diere is die afgelope naweek noodgedwonge aan die genade oorgelaat toe inwoners van die Wes-Kaap weens swaar reën en oorstromings moes vlug.
Moordsaak oor liggaam op bakkie uitgestel
Coetzee en Kemp het verlede Dinsdag hul eerste verskyning in die hof gemaak, waarna Van der Westhuizen hom later dieselfde dag aan die polisie oorgegee het.
Ondersoek na mislukte Rooiwal-tender verwelkom
Die tender het net meer as R290 miljoen beloop, maar na lang vertragings en nienakoming het die stad dit in Augustus verlede jaar opgeskort.
‘Breinspeletjies vir slimkoppe’-wenners aangewys
Dié twee Maroela Media-lesers het elkeen ʼn stel van “Breinspeletjies vir slimkoppe” gewen.
Dié lesers wen kaartjies na buite-ekspo in Hartenbos
Dié unieke ekspo is sedert 2011 ʼn hoogtepunt op kampeerders se kalender.
Wêreldtitel wink weer vir Max
Indien alles volgens plan verloop, kan Max Verstappen sommer tydens die volgende snelren in Katar reeds die wêreldkampioen-vonkelwynproppe laat klap.
Portefeuljekomitee aanvaar Bela
“Prosedurele probleme in die aanloop tot vandag se stemming sal ondersoek en waarskynlik voor die hof gebring word.”
‘Dis oorlog,’ sê JT oor Ryderbeker
Die Amerikaanse gholfster Justin Thomas respekteer gewoonlik Europa se Ryderbekerspelers, maar vandeesweek is oorlog en daar is nie plek vir mooi broodjies bak nie.
Kiwi’s gons oor Bokke, Iere se ingesteldheid
“Die spel was baie vinnig, maar ook skoon terwyl daar bitter min têkkeloortredings was. Dit is ongetwyfeld die maatstaf vir die res van die toernooi.”
Egpaar vergoed oor onwelriekende woef op vlug
Die hond het glo gekwyl, gesnork en windjies gelaat.
Brendan Peyper dans tot op dié Top-20
Brendan Peyper maak weer sy toetrede die week met sy jongste enkelsnit, “Moegdans”, so eie aan sy musiekstyl.